‘Beskerm slagoffers, vervolg oortreders’
Adolf Kaure – ’n Slypskool om rolspelers oor mensehandel op te lei, het Maandag op Swakopmund afgeskop.
Die slypskool, wat deur die Verenigde Nasies se Kantoor vir Dwelms en Misdaad (Undoc) en die Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM) aangebied word, is deur 35 verteenwoordigers van die polisie, immigrasiedienste, doeane, die vervolgingsgesag, asook arbeid- en maatskaplike dienste bygewoon.
Volgens die beampte in beheer van IOM Namibia, mnr. Sascha Nlabu, is kapasiteitsbou noodsaaklik om mensehandel in Namibië uit te roei.
“Hierdie projek sal lei tot die vinniger identifisering van moontlike mensehandelslagoffers en dus ook tot hul beter beskerming. Op die lange duur sal dit ook lei tot meer gevalle van vervolging.
“Dít is noodsaaklik om geregtigheid te laat geskied en om sterk standpunt teen mensehandel in te neem," het hy gesê.
Nlabu het deelnemers aangemoedig om harder te probeer sodat slagoffers van hierdie misdaad geïdentifiseer en gehelp kan word en sodat oortreders vervolg kan word.
Volgens me. Innocentia Nyoni, verteenwoordiger van die kantoor van Namibië se aanklaer-generaal, was daar nog net een skuldigbevinding aan mensehandel in Namibië.
Die slypskool beoog om by te dra daartoe dat meer oortreders van mensehandel aangekla en vervolg word.
Die IOM se verslag oor wêreldwye neigings in mensehandel vir verlede jaar toon dié organisasie het sowat 40 000 slagoffers van mensehandel tussen 2006 en 2016 ondersteun.
In 2016 was 43% van die slagoffers vroue en 57% mans.
Statistieke vir 2016 toon ook dat 81% van die slagoffers vir arbeid uitgebuit is en 11% seksueel uitgebuit is.
Die slypskool duur tot Vrydag (môre).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie