Beskuldigde vrygespreek van moord op sesjarige
'n Keetmanshoper wat daarvan beskuldig is dat hy 'n sesjarige seuntjie vermoor het, is gister onskuldig bevind.
Jacqueline Louw - Mnr. Desmond Cornelius Vries (32), wat aangekla is van die moord op die sesjarige Curtus Shille van der Westhuizen, is Dinsdag deur regter Boas Usiku in die hoërhof in Windhoek vrygespreek.
Vries het gedurende die verhoor onskuldig op een klag van moord en twee klagte van aanranding gepleit.
Hy is gister onskuldig bevind op al drie klagte.
Usiku het in sy uitspraak gesê die staat het nie bo enige redelike twyfel bewys dat die beskuldigde aan moord en aanranding aandadig is nie.
Hy het ook gesê die kindergetuie waarop die staat gesteun het, het nie voldoen aan die standaardvereistes van 'n getuie nie.
Tydens die verhoor het Usiku gehoor dat twee kinders, van wie een in die hof getuig het, 'n fiets deur familielede beloof is om hul storie te vertel.
Die regter het gesê getuienis waar 'n beloning aangebied is, behoort omsigtig benader te word.
Hy het tot die slotsom gekom dat dit nie verstandig is om 'n beskuldigde op grond van die getuienis van 'n enkele getuie skuldig te bevind nie.
Volgens die staat het Vries die seuntjie in Keetmanshoop tussen die nag van 31 Oktober en die vroeë oggendure van 1 November 2013 vermoor.
Die staat het beweer die seuntjie was saam met Vries aan huis die nag toe hy vermoor is, terwyl sy ma gewerk het.
Curtus was die seun van me. Clemencia van der Westhuizen, 'n niggie van me. Florencia Florida Piete, wat in 'n romantiese verhouding met Vries was.
Volgens die staat is die kind dood toe hy deur Vries aangerand en verwurg is.
Hy is saam met 'n ander seuntjie in 'n bed geplaas waar sy familie hom dood aangetref het.
Die staat het ook aangevoer dat Vries vir Piete by twee geleenthede in Oktober 2013 met die dood gedreig het.
Staatsadvokaat Simba Nduna het namens die staat opgetree en die verdediding is deur mnr. Milton Engelbrecht behartig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie