Beskuldigde wat glo op Fin skiet eersdaags in die hoërhof
Voorverhoor begin op 15 September
Estelle de Bruyn - Mnr. Rodney Danne Shaningua (44), wat tereg staan op klagte van moord; versuim om ‘n motorongeluk binne 24 uur aan te meld en dwarsboming van die gereg, se voorverhoor-konferensie sal op 15 September in die hoërhof in Windhoek begin.
Dit volg nadat die staatsaanklaer, Tatelo Lusepani, gister in die laerhof die besluit van die aanklaer-generaal oor sy vervolging en die klagte waarop hy tereg staan, aan Shaningua oorgedra het.
Hy het vroeër in die landdroshof onskuldig op die klagte gepleit.
Na bewering het Shaningua om omstreeks 00:30 op 2 Augustus verlede jaar nege skote op die voertuig van die Finse burger, mnr. Ronni Marco Kristian Uolevi (42) buite 'n kroeg in Bellstraat in Windhoek se suidelike nywerheidsgebied afgevuur. Oënskynlik was die twee in die kroeg in ‘n argument gewikkel en Shangingua het vir Uolevi buite die kroeg ingewag.
Uolevi het op die toneel gesterf.
Volgens die aanklaer-generaal, adv. Martha Imalwa, sal Shaningua op 15 September die geleentheid kry om enige probleme oor onder meer regsverteenwoordiging onder die hof se aandag te bring. Indien hy besluit om skuldig te pleit, kan die verhoor daar en dan vir verswarende en versagtende pleidooie uitgestel word vóór vonnisoplegging.
Geen getuies sal met die voorverhoor in die hof teenwoordig wees nie.
Tydens die voorverhoor-prosedure sal ‘n afskrif van die beskuldigings, ‘n opsomming van die bewese feite en ‘n lys van getuies asook die staat se voorverhoor-memorandum en ‘n afskrif van die polisie se lêer aan die beskuldigde beskikbaar gestel word.
Imalwa het ook daarop gewys dat dit Shaningua se verantwoordelikheid is om óf sy eie regsverteenwoordiging te reël óf aansoek om regshulp te doen.
Shaningua, wat tot nou toe in die polisieselle op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aangehou is, sal nou na Windhoek oorgeplaas word.
Vorige aansoeke om borgtog deur Shaningua het nie geslaag nie, omdat die staat hom vanweë die erns van die klagte, as ‘n vlugrisiko beskou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie