Beslag gelê op base van SME-bank se bates
Catherine Sasman - Byna twee jaar nadat die bankrot SME-bank ná grootskaalse plundering van N$347 miljoen sy deure gesluit het, is ‘n bevel vanoggend in die hoërhof uitgereik ingevolge waarvan beslag gelê gaan word op die plunderaars se bates.
'n Aansoek deur die likwidateurs David Bruni en Ian McLaren is toegestaan ingevolge waarvan beslag gelê gaan word op die Namibiese bates van ten minste vyf van die voormalige hoë Zimbabwiese bankamptenare wat na bewering by die plundering betrokke was.
Nadat regter Collings Parker die bevel toegestaan het, het adv. Raymond Heatcote, namens die likwidateurs, gevra dat ‘n prokureur die bevel op hulle beteken aangesien hulle “magtig en korrup” is.
Die vermeende bedrieërs onder verdenking in dié omvangryke bankplunderinge het na bewering uit die land gevlug toe dit in Maart 2017 duidelik geword het die Ban kof Namibia (BoN) gaan ingryp en die SME-bank oorneem.
Hulle is die voormalige nie-uitvoerende direkteur, Enock Kamushinda, die hoof uitvoerende beampte, Tawanda Mumvuma (foto), die finansiële bestuurder Joseph Banda, die voormalige administratiewe beampte in die finansiesdepartement, Chiedza Goromanzi en Lyndon Gaidzanwa.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie