Beslag op Heinaste gelê
Leandrea Louw - Namibiese owerhede het beslag op die Heinaste gelê, wat 'n Samherji-verbintenis het. Dit, as deel van die voortslepende Fishrot-saak.
Komm. Nelius Becker, nasionale hoof van NamPol se direktoraat van kriminele ondersoeke het dit bevestig. Hy het verduidelik dat die skip gekonfiskeer is ingevolge artikel 28 van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad.
Becker het verduidelik dat daar volgens die wet genoegsame rede vir die beslaglegging was. Dit sluit in dat die Heinaste vir die beweerde Samherji-misdade gebruik is en dat daar 'n gevaar bestaan dat dit landuit geneem kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie