Besluit geneem oor NPL-afskop
Sokker
Die Namibiese Premierliga (NPL) se sokkerseisoen vir 2017-'18 sal uiteindelik volgende Vrydag, 20 Oktober afskop met African Stars en Orlando Pirates in die openingswedstryd.
Marley Ngarizemo, eienaar van Young African sokkerklub en 'n uitvoerende komiteelid van die NPL, het gister aan die nuusagentskap Nampa gesê al 16 klubs is sodaning ingelig.
Die NPL se raad van goewerneurs het Woensdagaand vergader en die wedstrydprogram en begroting vir die nuwe seisoen goedgekeur.
“Ons wil niks sê sover dit die borgskap van die liga betref nie. Die borge het ons versoek om die bekendmaking aan hulle oor te laat sodat hulle die besonderhede soos die bedrae en die tydperk kan aankondig,” het Ngarizemo gesê.
Volgens hom was al die NPL-klubs verteenwoordig.
“Die meerderheid spanne het die vergadering positief benader dat die liga sal afskop. Niemand was daar met besware hoekom hulle nie wil sokker speel nie.”
Ngarizemo sê enige klub wat drie opeenvolgende wedstryde nie speel nie, sal outomaties uitgeskop word. Dit is dus wys vir spanne om enige logistieke uitdagings vroegtydig met die liga se administrateurs op te neem.
Die NPL het hom sonder 'n amptelike borg bevind toe MTC die driejaartermyn verlede jaar verstryk het en die nuwe kontrak nie vir alle partye aanvaarbaar was nie.
Die NPL het toe 'n begroting van N$24 miljoen per seisoen voorgelê, maar MTC het net N$15 miljoen aangebied op voorwaarde dat die NPL die uitstaande N$9 miljoen uit ander oorde verseker. Toe die NPL nie daarin kon slaag nie, het die ooreenkoms deur die mat geval en die 2016-'17 liga is dus glad nie gespeel nie.
BLACK AFRICA ONTMOET
Die uitvoerende bestuur van Black Africa sokkerklub nooi alle ondersteuners om môre 'n vergadering by te woon wat om 15:30 by die saal van die Hoërskool Immanuel Shifidi in Katutura begin.
Reëlings sal deurgegee en bespreek word rakende die aankondiging dat die nuwe NPL-seisoen vir 2017-2018 aanstaande naweek afskop. Die teenwoordigheid van alle ondersteuners van Black Africa word as belangrik beskou. Navrae kan aan Cassius Moetie by sel. 085 272 1518 gerig word. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie