Besluit oor Namcor verwelkom
Dit is goed dat die Mededigingskommissie van Namibië (NaCC) nie die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor) se plan om tot 50% van alle brandstof na die land in te voer, goedgekeur het nie.
Namcor wou ook gehad het groothandelaars moes 50% van alle brandstof by hom bestel.
Dit sou gesonde medediging in die bedryf in die wiele gery het.
Namcor sou ooreenkomste kon aangaan wat direk of indirek tot die prysvasstelling sou lei.
En, het die NaCC bevind, dit sou die vermoë van SME's om tot die mark toe te tree, benadeel.
Die Glencore-fiasko en die reuseverliese wat die land as gevolg daarvan gely het, is nog lank nie vergete nie.
Namcor het in 2008 'n 50-50-leweringsooreenkoms met Glencore en sy filiaal, Petroneft International, onderteken. Binne die eerste nege maande nadat Namcor met Glencore begin handel dryf het, is verliese van N$195 miljoen gely. Dit was die destydse bevinding van PriceWaterhouseCoopers (PwC) ná 'n oudit om die redes vir Namcor se tegniese bankrotskap te bepaal.
Die regering het die kontrak in 2010 gekanselleer, Glencore het hom in 2011 tot die hof gewend en die belastingbetaler moes die gelag betaal toe die regering N$538 miljoen vir dié kommoditeitshandelaar moes opdok.
Sedertdien hanteer privaat maatskappye brandstofinvoere.
Die belastingbetaler moes Namcor se duur skoolgeld betaal.
Daardie dae is verby.
Die brandstofbedryf moet onderhewig bly aan gesonde medediging en veilige internasionale transaksies.
SO SÊ ANDER
Netwerk24, 20 November 2019
De Ruyter gaan hare op sy tande moet hê
Die nuwe uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, word aan 'n baie diep kant ingegooi wanneer hy Januarie die leisels by die kragverskaffer opneem.
Eskom staan tot by sy boordjie in skuld van R450 miljard én sy infrastruktuur val uit mekaar. Om dít reg te ruk gaan kundigheid en moed verg in 'n omgewing wat tot dusver vergiftig is deur ANC-binnepolitiek.
De Ruyter se aanstelling het om twee (baie uiteenlopende) redes oor 'n wye front verras.
Enersyds is die naam van Andy Calitz, voormalige uitvoerende hoof van LNG Canada, wyd onder ingeligtes genoem as die voorkeurkandidaat, onder meer omdat hy oor 'n ingenieursgraad beskik, wat deur sommiges as 'n voorvereiste beskou is.
As een van die belangrikste take gaan wees om Eskom te ontbondel is ervaring in korporatiewe herstrukturering, waaroor De Ruyter inderdaad beskik, van deurslaggewende belang.
Numsa, en ook die EFF die voorspelbare lawaai gemaak omdat De Ruyter se velkleur hom kwansuis outomaties moet diskwalifiseer.
Dis natuurlik twak – eerstens in beginsel en tweedens gegewe die praktiese oorweging dat die erns van die situasie by Eskom die heel beste talent verg, ongeag velkleur. As die situasie nie dringend reggeruk word nie, gaan die hele land onder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie