Besoedeling van grond bedreig voedselproduksie
Boere moet chemiese afvloei beperk
Dr. Kobus Laubscher -
Grond is 'n uitputbare hulpbron en die vernietiging daarvan is bepaald nie in ons lewe omkeerbaar nie.
As hulpbron is dit die kern tot voedselsekuriteit omdat bykans alle voedsel grond as oorsprong het – tot 95% van alle voedsel word in grond verbou, sê die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO).
Besoedelde grond vind neerslag in die voedsel en vesel wat verbruik word en die impak is bykans oneindig. Daarenteen dra gesonde grond by tot volhoubare voedselproduksie en buffer dit terselfdertyd die negatiewe impak van klimaatsverandering.
Grond suiwer water en is 'n skans teen vloede en selfs droogtes. So is daar bewese risikoverskansing in gebiede waar grondkwaliteit ondergrondse vog bewaar. 'n Voorbeeld is die sogenaamde watertafelproduksie-gebiede in die mieliedriehoek waar minder maar tydige reën vir behoorlike ontkieming, oeste waarborg.
MYNBOU-AKTIWITEITE
Die onbehoorlike benutting van sulke grond wat grondvog uitput, verhoog risiko en belemmer hierdie gebiede se bydrae tot voedselsekuriteit.
Daar is egter toenemend bewyse van die uiters negatiewe en onomkeerbare impak van besoedeling. Dit kom in die vorm van mynbouaktiwiteite waar waardevolle bogrond vir altyd verlore is vir die landbou. Dink hier aan gebiede waar bogrondse steenkoolmyne mielielande verdring het. Andersyds is ongerehabiliteerde myne nie net 'n seer oog nie, maar ontoeganklik vir landbou-aktiwiteite ná mynbou.
Besoedeling van landbougrond deur lekkende suurwaterdamme in die Goudveld was die bron van vele hofsake.
Skaliegas-ontginning in die Karoo is dermate negatief vir die gebied bewys wat veroorsaak het dat die internasionale belegger kop uitgetrek het.
Grondbesoedeling het 'n hele kettingreaksie tot gevolg. Dit verander nie net die biodiversiteit nie, maar verlaag ook die organiese samestelling daarvan en grond se vermoë om noodsaaklike filtreerwerk te doen. Dit besoedel grondwater en veroorsaak ook wanbalanse in die nutriënte.
FARMASEUTIESE BESOEDELING
Algemene besoedelaars is onder andere swaar metale, maar deesdae is die afvloei van farmaseutiese produkte 'n ewe groot sondaar.
So byvoorbeeld beland komponente van menslike en dierlike antibiotika in die grond en dit is nie bio-afbreekbaar nie. Dit lei toenemend tot sterftes as gevolg van weerstandigheid teen bestaande antibiotika. Dié sterftes word op meer as 700 000 per jaar geraam en die FAO meen dat dit in 2050 tot meer sterftes kan lei as enige aanmeldbare siekte soos kanker.
Grondbesoedeling het ook 'n toenemend negatiewe impak op die produktiwiteit van landbou. Besoedelde grond is nie net minder produktief nie – van die kos wat geproduseer word, is ook toksies wat weer verdere gevolge het.
HERSTEL VAN GROND
Boere is tans besig met 'n bewerkingsrevolusie wat gevorder het van algemene bewerking met allerlei chemiese hulpbronne tot minimum bewerking en selfs geen bewerking nie.
Die fokus is deesdae op die herstel van die biologie van die grond en die verbeterde gesondheid van die grond gee hernude hoop vir volhoubaarheid ten opsigte van produksie.
Die bedryf van rotasieprogramme sluit verskillende gewasse in soos soja ná mielies, gevolg deur dekgewasse op daardie lande. Dié dekgewasse word vir weiding aangewend en die mis en urine van die weidende diere sit stikstof terug wat weer afhanklikheid van chemiese stowwe verminder en sodoende besoedeling beperk.
Dit is 'n bekende feit dat landbou wat die grootste gebruiker is van vars water vir besproeiing, ook die grootste bydraer is tot besoedeling as gevolg van die afvloei van kunsmis in die waterbronne.
Grondbesoedeling is almal se verantwoordelikheid en stedelinge kan bydrae deur anders te dink oor en te werk met herwinning.
Deur minder herwinbare produkte eenvoudig weg te gooi, dra ons by tot besoedeling. Dit is gewoon net meer goed genoeg om die regering verantwoordelik te hou indien herwinning nie toegepas word nie.
Die FAO doen vervolgens 'n beroep op almal om die oplossing te word vir grondbesoedeling.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie