Besoek aan Botswana het sy doel gedien
Sokker
Afrigter Ricardo Mannetti is tevrede met die reaksie van die sleutelspelers in Sondag se vriendskaplike internasionale sokkerwedstryd wat die Brave Warriors met 1-0 teen Botswana in Gaborone verloor het.
Die gasheerspan se wendoel is deur Teenage Orebonye behaal om Botswana se onafhanklikheidsvieringe op 'n hoogtepunt af te sluit.
Mannetti sê 'n mens kon sien dat die Namibiërs se gebrek aan wedstrydfiksheid as 'n swakheid ontbloot is.
“Ons het te stadig begin in die eerste helfte. Ná rustyd het ons baie beter gespeel en ons doelwagter Ratanda Mbazuvara was met tye bloot 'n toeskouer.
“Die wenmotief was nooit my vernaamste prioriteit nie, in ons huidige situasie waar daar steeds geen premierliga-wedstryde gespeel word nie. Dit het altyd daaroor gegaan om vir die spelers wedstrydtyd te gee.”
Volgens hom het die plaaslik gebaseerde sleutelspelers van die Brave Warriors goed gevaar.
“Ek is tevrede dat die sleutelspelers 'n goeie 90 minute kon insit sodat hulle beter voorbereid kan wees op die komende stryd teen Mosambiek.”
Mannetti het opgemerk dat die speelveld in Gaborone in 'n beter toestand kon gewees het. “In sommige areas was die veld eintlik onspeelbaar en ek is nie baie tevrede daarmee nie.”
Die nasionale spelersgroep het gister na Windhoek teruggekeer vir 'n oefenkamp, voordat Mannetti 'n groep bekend maak vir nog 'n oefenkamp vanaf 7 Oktober in Suid-Afrika.
Die Brave Warriors se volgende amptelike wedstryd sal op Saterdag 13 Oktober teen Mosambiek se hoofstad Maputo wees, voordat die spanne na Windhoek reis vir die herontmoeting drie dae later.
Ná twee wedstryde elk is die stand die 2019 Afcon kwalifiserende groep K soos volg: Guinee-Bissau 4, Mosambiek 4, Zambië 1, Namibië 1.
Namibië se laaste tuiswedstryd teen Guinee-Bissau is tussen 12 en 20 November geskeduleer, voordat Zambië in Maart 2019 besoek word.
Die groepwenner en naaswenner dring deur na die 32ste Total Afrika Nasiesbekertoernooi in Kameroen van 07 tot 20 Junie 2019. – NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie