Besoek Nampo Oesdag virtueel
Namibiese boere en ander landboubelanghebbendes kan aanlyn registreer om van vandag tot 12 September die gewilde Nampo Oesdag in Suid-Afrika virtueel by te woon.
Die Nampo Oesdag, wat jaarliks by Bothaville gehou word, moes weens die Covid-19-inperkings gekanselleer word.
Dit kan egter aanlyn besoek word en daar sal net soos ander jare paneelbesprekings wees oor aktuele kwessies wat die boerderybedryf raak soos transformasie, volhoubaarheid en die toepassing van nuwe tegnologie.
Besoekers kan die skouterrein en ander aanbiedings gratis besoek. Registreer by www.nampovirtual.co.za vir so ‘n besoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie