Besoekers, polisie slaags by Ohamakari-herdenking
Volgens die polisie het die oproeriges daarop aangedring dat sers. Muharukua hulle te woord staan en gedreig om hom dood te maak.
Tanja Bause – Ná ’n bakleiery tussen die Namibiese polisie en besoekers, wat die naweek die slag van Ohamakari in Okakarara gevier het, het 39 mense agter tralies beland en vier in die hospitaal.
Honderde Ovanherero-/Ovambanderu- en Nama-mense het op Okakarara bymekaargekom om die 114de herdenking van die slag van Ohamakari te vier, wat jaarliks op 11 Augustus plaasvind.
Volgens ’n verklaring wat lt.genl. Sebastian Ndeitunga, Namibiese polisiehoof, uitgereik het, is die maksimum getal beamptes na dié dorp gestuur om wet en orde te handhaaf.
“Die eenhede vir streekwerksaamhede en noodgevalle is Okakarara toe gestuur om misdaadvoorkomingsbeheer toe te pas en mense te deursoek, om drankwette toe te pas en vir algemene sigbaarheid,” het Ndeitunga gesê.
Saterdag om 22:00 is die polisie toe in kennis gestel van mense wat in ’n kroeg baklei en op straat drink.
“Met die polisie se aankoms by die Pink House-kroeg het lede van die publiek aggressief begin raak en sers. Ferdinand Muharukua met ’n bottel oor die kop geslaan. ’n Verdagte is in hegtenis geneem en ’n klag van die aanranding van ’n polisiebeampte is teen hom aanhangig gemaak,” lui die verklaring.
Die polisie het voorts na die Lee-kroeg aanbeweeg, waar geweld onder lede van die publiek uitgebreek het en die polisie genoop was om die kroeg te sluit.
“Lede van die publiek was egter ongelukkig oor die sluiting en wou by beamptes weet hoekom die kroeg voor die voorgeskrewe tyd sluit. Die beamptes het ’n man aangeraai om hulle na die polisiestasie te volg, wat ’n meer toepaslike ruimte is om sy kommer uit te spreek.”
Die man, asook ander lede van die publiek, het agter die polisie na die polisiekantoor aangery.
Hulle het daarop aangedring dat sers. Muharukua hulle te woord staan en volgens die verklaring gedreig om hom aan te rand en dood te maak.
“As gevolg hiervan is meer polisieversterkings ingeroep omdat omstandighede by die kantoor besig was om handuit te ruk. Uiterste geweld het losgebars en beamptes het eers die minimum en toe die maksimum geweld gebruik om die oortreders te beheer.”
Volgens die verklaring is 39 mense in hegtenis geneem vir rusverstoring en oproerige gedrag, aanranding, die verhindering van beamptes in die uitvoering van hul pligte, en aanhitsing tot misdaadpleging.
Hiervan is 38 vrygelaat omdat voorlopige ondersoeke hulle nie regstreeks met die aanklagte kan verbind nie.
’n Indiepte-ondersoek is egter van stapel gestuur en die oortreders sal volgens wet vervolg word.
Vier van dié wat in hegtenis geneem is, is ernstig beseer en is in die staatshospitaal op Otjiwarongo opgeneem.
“Ek wil beklemtoon dat enige inwoner van Okakarara wat ongelukkig met die polisie se optrede is ’n klag by die Namibiese polisie se interne ondersoekeenheid kan lê, eerder as om die reg in eie hande neem, sodat ons voorvalle soos dié oor die naweek kan voorkom.
“Die gemeenskap moet weet geen ontwrigting van vrede sal toegelaat sal word nie. Ek waarsku die gemeenskap om van onbeheerbare gedrag af te sien en moedig hulle aan om die wet te alle tye te respekteer,” het Ndeitunga gesê.
Adv. Vekuii Rukoro, die Herero-opperhoof, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie