Beste grondboontjie-oes in nege jaar
Daar is ruimte vir meer produsente om tot die bedryf toe te tree, met 'n tekort van tot 40 000 ton grondboontjies per jaar.
Elvira Hattingh
Vanjaar het Namibiese grondboontjieboere die grootste oes in nege jaar afgehaal, met altesaam sowat 900 ton wat plaaslik geoes is.
Altesaam 750 ton is na Triotrade in Suid-Afrika uitgevoer, wat tans bykans alle plaaslike produksie opkoop.
“Net een jaar vantevore, in 2012, het plaaslike produsente 1 200 ton grondboontjies uitgevoer – waarvan sommige onder besproeiing gekweek is,” het mnr. Wessel Higgs, besturende direkteur van Triotrade aan Republikein gesê.
Hy het die afgelope Woensdag lede van die Grondbone Produsentevereniging by hul ledevergadering en inligtingsdag naby Grootfontein toegespreek.
Higgs sê 'n gulde geleentheid bestaan vir meer produsente om tot dié bedryf toe te tree omdat daar 'n sterk vraag na grondbone is.
“Triotrade sal graag groter produksie van grondbone wil sien en veral dat dit onder besproeiing gekweek moet word.
“Suid-Afrika het 'n behoefte aan tussen 95 000 tot 100 000 ton grondbone per jaar vir die produksie van grondboontjiebotter en lekkers. Produksie is egter onder druk.
“Suid-Afrika en Namibië oes gesamentlik net sowat 60 000 ton per jaar.
“Ons voer die tekorte vanaf Argentinië en Brasilië in,” het hy gesê.
Higgs sê die maatskappy betaal tussen N$11 000 en N$12 000 per ton pitte, na gelang van 'n produsent se gradering en opbrengs.
MEER PRODUSENTE NODIG
Mnr. Dawie Kok, die voorsitter van die vereniging, het verduidelik dat 'n koper, soos Triotrade, die grondboontjiesaad aan produsente verskaf om te plant.
“Dit word gewoonlik teen Oktober of November aan produsente afgelewer. Ons plant dit en wanneer ons die grondboontjies lewer, betaal ons ook vir die saad.
“Grondboontjieproduksie is egter baie afhanklik van reën, terwyl dit ook arbeidsintensief is. Al kon ons vanjaar 750 ton aan Triotrade lewer, kon ons in 2019 weens die droogte geen grondboontjies lewer nie. In 2020 het ons weer tussen 200 en 300 ton gelewer,” het hy gesê.
Kok sê daar is ruimte vir meer produsente in die bedryf en dat die mark ook groot genoeg is.
“Tans het ons vereniging sowat 15 tot 20 lede en die meeste van hulle boer in die noordoostelike dele van Grootfontein, waar die grond sanderig is.
“Die ander produsente is in die Summerdown-omgewing geleë.”
Kok sê grondboontjies vaar nie noodwendig sleg as dit byvoorbeeld in kleigrond geplant word nie, maar dat dit die oesproses bemoeilik omdat die bone onder die grond groei en makliker in kleigrond afbreek en agterbly.
“Sanderige grond is dus meer geskik vir die kweek van grondboontjies,” het hy gesê.
Kok sê intussen het 'n tweede koper homself aan Namibiese produsente kom voorstel.
“Kompetisie is goed vir Namibiese produsente. Hulle ding met mekaar mee. Elke koper teken kontrakte met produsente en jy kry vanjaar reeds 'n gewaarborgde prys en weet dus teen watter prys jy eindelik die grondboontjies sal kan lewer.”
Triotrade vier vanjaar sy tiende bestaansjaar in Namibië. Tog is die maatskappy al 25 jaar oud, waar dit aanvanklik betrokke was in die verhandeling van grondbone.
Dit het 20 jaar gelede begin met die verwerking daarvan en toe ook sedert 2011 in Namibië betrokke geraak.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie