Beste jaar ooit vir Agra
Die eg Namibiese maatskappy het vanjaar ‘n rekordomset van meer as N$1,8 miljard getoon, terwyl beide sy inkomste asook bedryfswins gegroei het.
Agra het ‘n rekordjaar met sy beste finansiële prestasie ooit aangeteken, ongeag die onlangse droogte en uitdagings van die Covid-19-pandemie.
Volgens ‘n mediaverklaring wat deur die maatskappy se handelsmerk- en kommunikasiebestuurder, mnr. Piet Stoman, uitgereik is, het Agra tydens die afgelope boekjaar ‘n groei van 1,5% in inkomste gehad.
‘n Rekordomset van N$1,814 miljard is ook behaal en die maatskappy se bedryfswins het met 6,5% toegeneem.
Die syfers is Vrydag (26 Nov) by die Agra/Bank Windhoek Ring tydens Agra se jaarvergadering bekend gemaak.
Agra se uitvoerende hoof, mnr. Arnold Klein, het gesê hy is trots op die maatskappy se prestasie in ‘n baie moeilike ekonomiese klimaat en het dit toegeskryf aan die feit dat die maatskappy proaktief vir die pandemie voorberei het, wat insluit dat die nodige maatreëls vroeg toegepas is.
Ander faktore wat tot die maatskappy se sukses bygedra het, was gunstige onderhandelinge vir lenings en ‘n fokus op die bestuur van winsmarge, kostebestuur en die diversifikasie van sy nie-landbou handelslyne.
Volgens die verklaring het Agra daarin geslaag om sy markaandeel in beide die handel- en lewendehawemarkte te vergroot. Ten spyte van kleiner veegetalle die afgelope boekjaar, het Agra se veilingsafdeling ook goeie resultate gelewer.
Agra het voortgegaan om in sy eiendom te belê deur nuwe projekte van stapel te stuur en takke, sowel as sy brandstofinfrastruktuur op te gradeer.
Aandele in Agra blyk ‘n baie goeie belegging te wees, met ’n aandeleprys wat tans N$1,85 per aandeel is en op Agra se sterk markprestasie oor die afgelope jare dui.
‘n Dividenduitbetaling van 10 sent per gewone aandeel is vir die 2020-’21-boekjaar goedgekeur.
Die voorsitter van Agra se direksie, mnr. Ryno van der Merwe, het Agra gelukgewens met sy prestasie en gesê uitdagings soos die onlangse droogte asook die Covid-pandemie maak dié prestasie selfs meer merkwaardig.
Hy het gesê Agra kon hierin slaag, omdat dit ‘n baie duidelike plan gehad het en die bestuur dit suksesvol kon implementeer. Van der Merwe is vanjaar ook as direksielid herverkies.
Klein het gesê hulle is bevoorreg om in so ‘n posisie in die huidige ekonomiese omstandighede te wees – iets wat nie moontlik sou wees sonder die toewyding, fokus en slim werkswyse van Agra se personeel nie.
“Ons is nog meer gemotiveerd deur die prestasie. Ons wil nou dié momentum behou om selfs nog beter resultate in die volgende maande te bereik,” het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie