Beste tyd vir piekprestasies breek môre aan
Kwalifisering vir groot geleenthede is een van die motiverings vir die land se topatlete.
Andrew Poolman - Die dag waarvoor die land se hardwerkende en ambisieuse atlete lank reeds gewag en voorberei het, breek môre aan met Atletiek Namibië se senior nasionale kampioenskap vir baan- en veldatlete in die Onafhanklikheidstadion in Windhoek. Die hoofborg is Coca-Cola Namibië.
Vanmiddag tussen vyfuur en 18:20 word die 10 000 meters vir mans en vroue reeds afgehandel, asook die twee 400 meter hekkiesitems.
Die hoofgeleentheid is egter môre vanaf 08:15, met die laaste vir die dag die 4x100 aflosse om 13:30.
Die nasionale kampioenskap behoort 'n goeie aanduiding te gee van waar die land se bestes staan wat aspirasies van deelname aan groot internasionale byeenkomste koester.
Die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se nasionale kampioenskap vir hoërskole is aanstaande naweek en dit is heel moontlik dat skoolgaande atlete dit weer regkry om goue medaljes by beide byeenkomste te verower om hulself as die koning, of koningin, van dié item in die land te verklaar.
Hierdie seisoen het reeds sewe senior atlete prestasies gelewer wat duisend punte op die IAAF puntetabel werd is. Die prestasies bring hulle in aanmerking vir die prysgeld wat in die Coca-Cola uitdaagreeks op die spel staan.
Die toppresteerders sover is:
1 Ernst Narib (Nampol) 400m, 46.57, 1073 punte
2 Mahmad Bock (Unam) 400m, 46.93, 1050 punte
3 Sandro Diergaardt (Rehoboth) verspring, 7.57m, 1045 punte
4 Ismael Tjiramba (Unam) 100m, 10.60s, 1008 punte
5 Thasiso Aochamub (Omaruru) 400m, 47.63, 1004 punte
6 Wencuslaus Klaasman (Nampol) hoogspring 2.10m, 1002 punte
7 Visamuje Ujaha (Swakop Striders) hoogspring 2.10m, 1002 punte
8 Oskar Komeya (NDF) 1500m, 3:48.18, 999 punte
9 Chenoult Coetzee (Swakop Striders) verspring, 7.34m, 995 punte
10 Chenoult Coetzee (Swakop Striders), 100m, 10.67, 986
11 Immanuel Samuntu (Unam), verspring, 7.27m, 980 punte
12 Kenneth Tities (Unam), 100m, 10.71, 974 punte
13 Dantago Gurirab (Golden Cheetah) 100m, 10.72, 971 punte
14 Herunga Tjipekapora (Nampol) 200m, 24.72, 968 punte
MÔRE SE PROGRAM, BAANITEMS
08:15, 5 000 finaal vir mans
08:30, 200 uitdunne vir vroue
08:45, 200 uitdunne vir mans
09:00, 5000 vir vroue
19:40, 100 hekkies finaal vir vroue
09:50, 110 hekkies finaal vir mans
10:15, 400 finaal vir vroue
10:30, 400 finaal vir mans
10:45, 100 uitdunne vir vroue
11:00, 100 uitdunne vir mans
11:20, 1500 finaal vir vroue
11:30, 1500 finaal vir mans
11:45, 200 finaal vir vroue
12:00, 200 finaal vir mans
12:30, 800 finaal vir vroue
12:45, 800 finaal vir mans
13:00, 100 finaal vir vroue
13:15, 100 finaal vir mans
13:30, 4x100 aflosse, mans en vroue
VELDITEMS
09:00, diskusgooi vir mans
09:00, spiesgooi vir vroue
09:00, verspring vir mans
09:00, hoogspring vir vroue
10:00, diskusgooi vir vroue
10:00, gewigstoot vir mans
10:00, verspring vir vroue
10:30, hoogspring vir mans
10:30, spiesgooi vir mans
11:00, driesprong vir mans en vroue
11:00, gewigstoot vir vroue

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie