Beste van die beste by motorskou
Augetto Graig
Die Namibië Toerisme Ekspo groei elke jaar, daarmee saam ook die Nedbank Motorskou wat vanjaar tien van die grootste motorhandelaars in die land gelok het om met hul voertuie te spog.
Volgens me. Aylin Lützow van M&Z Motors was dit ’n maklike besluit om by die skou uit te stal. “Die Toerisme Ekspo is baie gewild,” sê sy. “Hier is baie voete en ons kan ongelooflike bewustheid oor ons motors en produkte skep. Vir ons is dit die grootste geleentheid van die jaar en ’n fantastiese kans om van die mooiste motors in Namibië te vertoon.”
Sy meen die kliënte wat die ekspo en motorskou besoek oor die algemeen ’n sekere standaard waardeer.
“Toerisme gaan van nature saam met goeie gehalte vermaak en goeie gehalte motors,” het sy gesê.
Sy sê voorts is toerisme die land se tweede grootste inkomste verdiener en M&Z wil graag daarmee verbind wees. Boonop bied die motorskou ’n gulde geleentheid aan handelaars om nuwe modelle aan die Namibiese publiek voor te stel.
“As ’n nuwe voertuig in die laaste ses maande in die mark verskyn het, is dit ’n goeie idee om dit by die motorskou voor te stel, aangesien tot 27 000 mense dit sal sien,” sê sy.
Mnr. Gunther Wilcheus, verkoopsbestuurder by Africa Commercial Vehicles, die agent vir Iveco in Namibië, stem volkome saam. Hulle is elke jaar deel van die motorskou en is die afgelope vier jaar by die ekspo teenwoordig.
“Dit is vir ons die grootste gebeurtenis van die jaar,” het hy gesê.
Vanjaar spog hulle met ’n Iveco Trakker op hul vertoonarea. Dié blitsvinnige vragmotor is amper soos die een waarmee Iveco vroeër vanjaar se Dakar-tydren gewen het. Daar het Iveco ook die derde, vyfde en tiende plek beklee.
“Sy enjin van 350 perdekrag kry ’n hupstoot van die ingeboude 500 perdekrag ‘rekenaar’ wat sy topspoed na 160 km per uur verhoog. Die een by die Dakar se verrigting was met ’n verdere 830 perdekrag verhoog om deel te neem aan ’n tydren wat as een van die moordendste ter wêreld bekend is,” het hy gesê.
Avontuurlustiges sal ook die Iveco kampeervoertuie by die stalletjie waardeer, terwyl die werkende man nie die veelsydige 4x4 Iveco Daily sal miskyk nie.
Motors is nie al wat die skou bied nie, soos mnr. Ben Horn van die Lubbe Motorgroep uitwys. Hulle is sedert 2012 elke jaar by die motorskou betrokke omdat hulle dit beskou as die ideale geleentheid om hul verskeidenheid produkte te vertoon.
Hy sê terwyl hulle nie so veel by die motorskou verkoop nie, verseker die besigheid wat hulle daarna lok dat hulle in die huidige moeilike ekonomiese klimaat kop bo water hou. Benewens Windhoek, het die groep takke op Swakopmund, Mariental en Gobabis waar kliënte kom aankoop ná hulle by die ekspo beïndruk is, sê hy.
Weens ander se sukses by die motorskou, het Direct Auto besluit om deel te neem. Mnr. Danie Grobler sê sy maatskappy, wat slegs drie jaar in Windhoek bedrywig is, wou deelneem omdat “ons altyd goeie goed daarvan gehoor het. Dis ’n gulde geleentheid vir ons om ons produkte te bemark en ons hoop ons lok ’n paar nuwe kliënte”, sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie