Bestemming Kitwe vir jongelinge
Bestemming Kitwe vir jongelinge

Bestemming Kitwe vir jongelinge

’n Kamp in Ghana dien as die o.20’s se laaste voorbereiding vir hul Cosafa-aanslag.
Tielman van Lill
In hul strewe om die onlangse sukses van die Tafel Lager Brave Warriors en die Baby Warriors (o.17’s) te ewenaar, gaan die Jong Warriors, die nasionale o.20-groep, vir die volgende twee weke onder die wakende oog van hoofafrigter Gerald Guther en sy assistent Pauhl Malembu in Ghana ’n intensiewe oefenkamp bywoon.

Die jaarlikse o.20 Cosafa-kampioenskap wat vanaf 6 tot 16 Desember in Kitwe, Zambië, aangebied word, wag vir die jong Namibiërs.

Namibië se teenstanders in groep C is Angola, Lesotho en Zimbabwe, terwyl Malawi, Swaziland en Uganda saam met die 2016-kampioen Zambië in groep A geplaas is. In groep B sal die naaswenners van 2016, Suid-Afrika, teen Egipte, Mauritius en Mosambiek koppe stamp.

“Namibië en Ghana het sedert 2012 ’n vennootskap om mekaar met sokkerontwikkeling te help. Ghana se o.17-span gaan binnekort in die land aankom om aan ’n viernasiestoernooi deel te neem waar Namibië asook Westphalia en nog ’n onbevestigde land gaan meeding,” het mnr. Sivhute Katamba, direkteur van sport by die ministerie van sport, jeug en nasionale diens gesê.

Die o.20’s sal by die Lizzy Sportkompleks in Accra tuisgaan voordat hulle op 2 Desember na Namibië terugkeer. Namibië sal sy aanslag op Woensdag 6 Desember by die Davis Arthur-stadion van stapel stuur wanneer hy Angola aandurf. Twee dae later volg Lesotho en daarna kry Zimbabwe sy kans teen Namibië.

Die drie groepwenners, asook die beste geplaasde naaswenner sal dan na die semifinaal vorder wat op 14 Desember by die Davis Arthur-stadion beslis word. Die eindstryd en die uitspeel om die derde plek word op 16 Desember by die Levy Mwanawasa-stadion in Ndola gespeel.

Spelers wat Namibië tot ’n kampioenskapsege kan lei, sluit in Eldery Morgan, George Hummel, Lubeni Haukongo, Stanley Ndjavera en Venovineja Tjikundi.

Die Baby Warriors asook die Brave Warriors is onderskeidelik in 2016 en 2015 as Cosafa-kampioene bekroon.

Die groep van 25 spelers wat onder die wakende bestuur van Herman Lawal Naobeb na Kitwe reis is Calvin Spiegel (Chief Santos), Vipua Tjimune (African Stars), Lubeni Haukongo en Aprocius Petrus (Eleven Arrows), Stanley Ndjavera (Tura Magic), Romario Hawiseb (Unam), Paul Kotjipati (Otjozondjupa), Migeri Hubert (Life Fighters), Peter Nampolo (Khomas), Johannes Hollombach (Chief Santos), Venovineja Tjikundi en George Hummel (Unam), Anthony Kham, Marciano January en Rivaldo Festus (Eleven Arrows), Augustinus Hobexab (Eastern Chiefs), Ronaldo Zaahl (Kaizen Football Academy), Eldery Morgan en Enzo Mungendje (Tura Magic), Michael Kamuserandu (African Stars), Moegamat Davids (Suid-Afrika), Kamaijanda Ndisiro, Javaza Tjihoreko, Natangwe Petrus en Petrus Kamati.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!