Bestes in Kehat Beukes-toernooi getoets

Skaak
Andrew Poolman
Die jaarlikse Kehat Beukes Legacy skaaktoernooi is op die naweek voor Kersfees in die hoofstad afgehandel en het ywerige spelers in verskeie ouderdomsgroepe gelok.

Die toernooi is ter nagedagtenis van wyle dr. Kehat Beukes wat vanaf 1994 tot 1999 die president van die Namibiese Skaakfederasie was.

Nege rondtes is gespeel; onderskeidelik vyf en vier rondtes op die twee dae van kompetisie.

“Die toernooi was 'n groot sukses, met 'n stewige bywoning van deelnemers. Ons bedank Bank Windhoek vir die borgskap wat ons in staat gestel het om pryse ter waarde van N$16 000 op die spel te plaas.

“Ons spreek ook ons waardering teenoor die Beukes-familie uit en wens die wenners van elke afdeling geluk,” het mnr. Charles Eichab, president van die Skaakfederasie, gesê.

Die voorste uitslae was soos volg:

OPE AFDELING: 1 Zhemba Jemusse, 2 Benjamin Mashoko, 3 Jossy Uapingene.

VROUE: 1 Keisha-Cathriona van Wyk, 2 Patience Tsuses, 3 Maria Niilenge.

JEUGAFDELING: 1 Manfredo Gaoseb, 2 Gale Jane, 3 William Mashoko.

KADETTE: 1 Sibusisi Angula, 2 Ebenezer Mashoko, 3 Genius Sihlahla.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!