Bestes maak aanslag op Rössing-marathon
'n Totaal van N$10 000 in prysgeld staan môre op die spel.
Die jaarlikse Rössing-marathon vind môre in Swakopmund plaas vanaf Pro-Ed Akademie se sportveld in Ocean View danksy die myngroep Rio Tinto.
Inskrywings kan by www.rossing.com gedoen word.
Die gewilde byeenkoms onder Namibië se elite-langasems is ’n gesertifiseerde ren van Atletiek Namibië. Dit word vir die 28ste opeenvolgende jaar deur Rio Tinto Rössing Uranium geborg en deur die Swakop Striders Atletiekklub gereël.
Afgesien van die 42,2 kilometer marathon as die groot attraksie, word ook die 21,1 km halfmarathon, 10 km, 10 km-aflos vir genooide uraanmaatskappye en 5 km pretloop vir die publiek aangebied.
Verlede jaar se wenner van die Rössing-marathon was Mathews Mutanya van Zambië in ’n tyd van 2 uur 16 minute 52 sekondes. Die eerste Namibiese atlete oor die eindstreep was Tomas Rainhold van die Namibiese Weermag (NDF) en Anna Amutoko, die algehele eerste vrou in die marathonwedloop.
Die totale prysgeld die naweek beloop meer as N$100 000. Die ope wenprys vir die marathon is N$10 000 elk vir die mans en vroue. wenners, met die eerste Namibiese man en vroue vir wie elkeen ook ’n N$20 000 ontwikkelingsbonus ter ondersteuning van hul sportloopbaanontwikkeling dwarsdeur die jaar beskikbaar gestel word.
’n Kontantbonus van N$1 000 is op die spel indien die marathonrekords in die ope kategorieë (mans en vroue) oortref word. Die Rössing Marathon-rekord van 2 uur, 11 minute 23 sekondes is in 1992 deur Luketz Swartbooi opgestel.
Die publiek word genooi om by ’n skilderagtige 5 km pretstap by die strand aan te sluit, met alle opbrengs na die Kankervereniging van Namibië in die stryd teen kanker. Die 5 km-pretloop volg vanjaar ’n nuwe, natuurskone roete vanaf die Pro-Ed Akademie-sportveld na die strand. Die kusgemeenskap word genooi om die geleentheid te ondersteun wat gewild geword het met sosiale atlete, gesinne en korporatiewe entiteite vir spanbou en ’n bietjie ligte oefening ter ondersteuning van ’n goeie saak.
Die pretloop omsluit ook opwindende kompetisies vir die beste tema, mees oorspronklike kostuum, mees komiese hoed, oudste en jongste stapper (nie kleuters in stootwaentjies of troeteldiere nie), langste deelnemer en oulikste troeteldier.
Genooide uraanmaatskappye in die streek sal weer deelneem aan ’n 10 km Uraan-aflos om vriendskappe tussen werknemers in die bedryf te bou. Die opbrengs uit inskrywings en skenkings vir die geleentheid, sowel as die Uraanaflos vir genooide uraanmaatskappye, gaan na die Kankervereniging van Namibië (CAN).
Laat registrasie word vandag van 16:00 tot 20:00by die skool gedoen. Laat inskrywings beloop N$100 vir die marathon en halfmarathon; N$80 vir die 10 km en N$120 vir die Uraan-aflos (span van twee).
Alle deelnemende atlete sal tydens registrasie ’n rennommer ontvang waarsonder geen atleet toegelaat sal word om deel te neem nie.
Registrasie vir die 5 km pretstap is môre vanaf 8:00 tot 9:00.
In die strewe om die byeenkoms veilig te hou en swaar verkeer in die dorpsgebied te vermy, verskuif die begin/eindpunt vanjaar na die Pro-Ed Akademie-sportvelde in Ocean View. Deelnemers beweeg soos vorige jare op die Hentiesbaai-pad uit. Daar sal verskeie waterpunte en roete-aanwysers wees. Motoriste word gemaan om môre van 07:00 tot 12:00 op die uitkyk te wees vir hardlopers.
Wegspringtye:
• Atlete warm op – 06:30
• Aankondiging van wedrenreëls – 06:50
• Marathon en halfmarathon – 07:00
• 10 km – 07:30
• Uraan-aflos – 07:30
• 5 km pretloop – 09:00
Spertye:
• Marathon – 12:00 (5 ure)
• Halfmarathon – 10:00 (3 ure)
• 10 km – 09:30 (2 ure)
• Uraan-aflos – 09:30 (2 ure)
Die prysuitdelings is om 10:00 vir die 10 km draf, die Uraan-aflos en die 5 km pretloop, en om 12:30 vir die marathon en halfmarathon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie