Bestes ná Stefanus Pienaar gedenkrit gekies

Perdesport
Die Otjivero Uithouritklub het op die Onafhanklikheidsnaweek ’n uitstekende perde-uithourit, die Stefanus Pienaar gedenkrit, by Sandune Lodge buite Gobabis aangebied.

Ruiters kon deelneem aan verskillende afstande met opsies van 30, 40, 60, 80, 100, 120 of 160 kilometer, asook die CEI een-ster 80 km of CEI twee-ster 120 km ritte.

Die byeenkoms was die finale kwalifiserende rit om die Namibiese spanne te kies wat einde April aan die Suid-Afrikaanse Internasionale kompetisie (SAIC) by Bona Bona Lodge buite Klerksdorp gaan deelneem.

Die gasheerklub het sy beste voet voorgesit en die rit was baie geslaag, met 84% van die perde wat ondanks versengende hitte die rit suksesvol voltooi het.

Die perde wat onttrek is, het geen ernstige beserings opgelewer nie. Die veearts-paneel, drs. Marc Walton (RSA), Janeke Kirchner, Anke Raubenheimer, Erika de Jager, Jolandie van der Westhuizen en Mariette Beukes was baie tevrede met die perde se algemene gesondheid en versorging tydens die rit.

Klem is veral gelê op die veiligheid van perde en voorkoming van dehidrasie vir perde en ruiters in die uiterste weersomstandighede. Die beamptes het hul bes gedoen om voorkomend op te tree en daarom is die wegspringtye heelwat vroeër verskuif om die ergste hitte te vermy. Die 160 km ruiters het reeds om eenuur die oggend weggespring en die 120 km ruiters om 03:00.

Die beamptes wat toegesien het dat alles vlot verloop en dat reëls volgens internasionale FEI-standaarde toegepas word, was Mike Bredenkamp, Zelda von Shauroth, Susan de Meyer, Lientjie de Wit, Alice Krenz en Carl Bredenhann.

Die Stefanus Pienaar-rit is ’n tweedagrit wat beteken dat ruiters twee dae ná mekaar op verskillende perde kan deelneem. Die ritte word afsonderlik geadministreer en geregistreer en inskrywings word ook apart hanteer. Dit is ’n spesiale reëling wat deur NERA ingestel is sodat ruiters meer perde vir opvolgritte kan kwalifiseer en die lang afstande wat afgelê word vir deelname die moeite werd maak. Die reëling is allerweë verwelkom en het vrugte afgewerp.

Swak ekonomiese toestande het ook ’n groot invloed op die sport en daarom word swaar op borge en donasies gesteun. Otjivero-klub spreek graag hul dank uit teenoor die volgende instansies en persone wat met finansiële bydraes die rit moontlik gemaak het: General Airways (SA – Keith Boehme), Agra Gobabis-tak, Voermeester, Midwes Voere, Charlottenberg Arabierstoet van Henning en Barbara du Toit, Julia Lubuschagne, Elsa van Vuuren en Jan Pienaar.

Die gekombineerde uitslae (NERA- en FEI-ritte) was soos volg (net die verste afstande word gepubliseer):

DAG 1

120 km liggewig: 1 Franzi Marais met Wiejandie Kaily, 6:53:27, 2 Michael Awiseb met Barakah Silaa, 6:53:28 (bes voorbereide perd).

120 km jongruiter: 1 Bianca Jacobs met Amaal, 6:54:10 (bes voorbereide perd), 2 Caroline Neumann met Barakah Montasar, 7:03:39, 3 Leoné Janbey met DMD Shaden, 7:40:11.

120 km senior/standaardgewig: 1 Hannelie Coetzee met Duneside Mission, 7:40:12, 2 Pierre Jean de Wit met El Shakir Sahran, 7:40:17.

120 km kinders: 1 Soné Meeser met El Ramos Miss Deena, 7:46:44 (bes voorbereide perd).

81 km swaargewig: 1 Bart Steyl met Skai Langpad, 4:10:33, 2 Raymond Schierschmidt met Edl Agbahr Magesta, 5:13:00.

81 km liggewig: 1 Justus Afrikaner met Wiejandie Lucy, 4:00:13, 2 Agies Mohale met Hoshabeh Kamal, 4:02:14, 3 Marianne Mueller met Sanniesguns Je-Taime, 5:26:34.

81 km jongruiter: 1 Carmen Derks met Kalharabi CD El-Arab 4:10:32, 2 Caila Potgieter met Skai Jolla, 4:25:18, 3 Corelie Coetzee met Danon Jawaad, 4:45:10

81 km senior standaardgewig: 1 Josef Namseb met Mispa, 4:02:13, 2 Timothy Liebenberg met Cheetah Capitol, 4:02:13:34, 3 Marna Steyl met Edl Agbahr Asael, 4:02:16

81 km kinders: 1 Lindie Swart met Asante Astrant, 5:12:24.

DAG 2

160 km liggewig: 1 Colin Makondo met DMD Ghalib, 10:11:07 (bes voorbereide perd en beste van bes voorbereide perde). 2. Franzi Marais met Karan Hadaya, 12:01:51

160 km jongruiter: 1 Bianca Jacobs met Barakah Mahzu, 10:10:47 (bes voorbereide perd), 2 Ariane Neumann met Barakah Sham, 10:10:48, 3 Caroline Neumann met Que Pasa Majeeda, 11:02:58.

160 km senior: 1 Surina de Wit met Que Pasa Macarena, 10:11:07 (bes voorbereide perd), 2 Barbara Scholtz met Diesel, 12:01:50.

120 km liggewig: 1 Naftalie Doeseb met Henarstep Raj-Zerina, 7:09:25, 2 Kordula Voigts met Miss Maple, 8:21:47.

120 km jongruiter: 1 Maya Janbey met Atashi Sky, 8:21:32 (bes voorbereide perd).

120 km senior: 1 Chrisjan Auxamub met Asante Bariton, 6:28:11 (bes voorbereide perd), 2 Joseph Mberema met Que Pasa Amar, 6:28:13, 3 Dawid Losper met Que Pasa Monassab, 6:51:02.

81 km swaargewig: 1 Leon Harmse met Fareed Antar, 5:04:34, 2 Henning du Toit met CBB Lowenhertz, 5:11:57.

81 km liggewig: 1 Piet Hoka met Ansam, 5:18:44, 2 Johannes Dawids met El Shakir Mashar, 5:19:39, 3 Aracos Arabians met Aracos Faheem, 5:19:40.

81 km jongruiter: 1 Jonel Coetzee met El Shakir Halim, 5:18:56, 2 Corelie Coetzee met Johaco Que Vida, 5:19:11, 3 Leoné Janbey met Sanniesguns Quantico Twist, 5:19:37.

81 km senior: 1 Jaco Beukes met Jabula Palluw, 5:11:22, 2 Timothy Liebenberg met DH Matador, 5:11:58, 3 Dirk J Smit met Kalharabi Rihana, 5:12:05.

81 km kinders: 1 Soné Meeser met Marja, 4:57:47.

SPANNE

Ná die rit is die volgende ruiters aangewys om Namibië einde April te gaan verteenwoordig in SA:

Namibië junior span: Bianca Jacobs (kaptein, Amaal), Carmen Derks (CD EL Arab), Caila Potgieter (Hurst Saigon / Sekelbos Tripoli), Benita Venter (Wiejandie Shiraz / Asante Baritone), spanbestuurder Jannie Wiese.

Namibië geengewig span: Barbara Scholz (kaptein, Venessa), Josef Namseb (Mispa), Agies Mohale (Hosahabeh Kamaal), Justus Afrikaner (Jabula Chantella), spanbestuurder Judie Wiese.

Namibië standaardgewig span 120 km: Suné Wessels (kaptein, Kalharabi Ghrizto), Steven Goawab (Barakah Mazu), Timothy Liebenberg (Cheetah Capitol), Frans Saubek (Kalharabi Naka), Ria Venter (Kalharabi Bibi), spanbestuurder George Wessels.

Namibië standaardgewig span 160 km: Suné Wessels (kaptein, Johremar Odette Bint), Josef Namseb (El Sham Adan), Steven Goawab (Barakah Sham), Dawid Lebe (Wiejandie Layla), spanbestuurder Judie Wiese.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!