Bestuur die rumen vir optimale groei
Beesprodusente voer die mikrobe in ‘n bees se maag, voor hulle voedingstowwe direk aan die bees verskaf. Dus moet die uniekheid van dié viermaagdier vir optimale produksie benut word.
Elvira Hattingh – “Stysel en genoeg ruvoer is belangrike faktore as dit kom by die optimale ontwikkeling van ‘n bees se rumen. ‘n Gesonde rumen help om genoeg voedingstowwe te absorbeer vir optimale groei.”
Feedmaster se voedingkundige, Christo du Plessis, het tydens die Brahman-simposium en -veiling op 25 Oktober gesê rumenontwikkeling begin reeds vóór speen en dat die doeltreffendheid daarvan deur die tipe dieet bepaal word.
“Dis belangrik om te onthou dat die mikrobe in die bees se pens eerste gevoer moet word, dán moet die bees gevoer word. Die grootpens se funksie kan egter deur aanvullings bestuur en manipuleer word.”
Viermaagdier
Du Plessis sê beeste is uniek in die sin dat hulle, ander as mense, varke, perde en hoenders, herkouers is. Hulle het vier mae, naamlik die die grootpens (rumen), die kolpens, blaarpens asook suurpens, wat elkeen sy eie funksie het.
“Binne die rumen word grasdeeltjies afgebreek. Die gras bevat baie energie en dit moet in produksie omgeskakel word.
“Onthou, jy voer die mikrobes en nie net die dier nie – waar jy by die hoender of die vark die dier self voer.
“Die weiding wat beeste inneem, bestaan uit proteïen, energie, kalsium, fosfate asook makro- en mikrominerale.
“Dit word egter nie direk deur die dier opgeneem nie en dit is waar die pens se mikro-organismes ter sprake kom – hulle benut dit en skakel dit om na mikrobeproteïen,” het hy gesê.
Grootste bron van proteïen
Du Plessis sê die bees se grootste bron van proteïen kom nie van lek of gras nie, maar van die mikro-organismes wat mikrobe-proteïen genoem word.
“Die bees se mae is ‘n fabriek op sy eie. Mikro-organismes is die werkers in die fabriek. Binne die grootpens kry jy die rumen-mat, wat genoeg vesel moet bevat. Die pH-vlakke van die rumen moet ook binne die regte perke bly.
“As jy jou bees voer, is dit belangrik om te onthou dat verskillende bakterieë in verskillende pH-vlakke werk. Moet dus nie te vinnig dié vlakke verander nie.
“In die geval van ‘n voerkraal, waar daar moontlik meer mielies of ‘n styselgebasseerde rantsoen gegee word, gaan die rumen se pH-vlakke moontlik daal. Waak daarteen dat dit nie te veel daal nie. Daarteenoor is die vlakke op die veld dikwels hoër.”
Du Plessis sê uit die gras in die rumen word vlugtige vetsure, oftewel energie, deur bakterieë onttrek en deur die maagwand opgeneem. Die res van die mikrobe-proteïen wat nie hier benut word nie, vloei uit na die melk of sit om in vleis.
“Die belangrikste funksie van mikrobes is egter die vertering van sellulose – iets wat ‘n mens nie kan doen nie. Dit is net mikrobes wat sellulose kan benut.”
Du Plessis sê mikrobes is ook verantwoordelik vir die sintese van amminosure.
“Die mikro-organismes het die vermoë om stikstof om te skakel in mikrobe-proteïen, wat die dier kan benut. Die mikro-organismes kan byvoorbeeld ireum benut, wat ‘n vark of hoender nie kan doen nie.
“Die organismes is ook verantwoordelik vir die sintese van wateroplosbare B-vitamienes.”
Tipe organismes
Du Plessis sê vier tipes mikrobe-bevolkings kom in die rumen voor, naamlik veselverterende bakteriëe, styselverterende bakteriëe, fungi asook protozoa.
“Die ideaal is om so ‘n groot mikro-bebevolking as moontlik te hê, want vele hande maak ligte werk. Hou ook die verteerbaarheid van verskillende voere in ag. Dit is byvoorbeeld moeiliker om ‘n heel mielie as ‘n fyn gemaalde een te verteer. Gekookte graan is die verteerbaarste, maar dit word nie gedoen nie aangesien die onkoste te groot sal wees.”
Du Plessis sê mikrobes en hul bevolking moet so gesond as moontlik gehou word.
“Daar moet ook genoeg water in die rumen wees en daar moet redelik growwe vesel beskikbaar wees, want dit stimuleer die rumen se spierfunksie.”
Ruvoere
“Wat is die verskil tussen hoë en lae gehalte ruvoere?
“Jong, groen weiding is die beste – dit het ‘n vinnige deurvloeitempo. ’n Vinnige tempo is nie altyd sleg nie, want ‘n vinniger tempo beteken daar is beter vertering en meer proteïen teenwoordig. Die gevaar kom wanneer die tempo só vinnig raak dat die dier nie die kos verteer kry of energie daaruit kan kry nie. Dan kan hy nie die regte voedingstowwe daaruit haal nie.
“As die dier swak gehalte weiding eet, veroorsaak dit rumenvul. Dit gebeur omdat hy beperk is in hoeveel kos hy kan inneem en sy maag vol is voordat sy voedingsbehoeftes bevredig kon word.
“Dit lei tot ‘n verlaagde inname van gras en die gevaar lê daarin dat minder energie en proteïen ingeneem word. Produsente moet dan begin om aanvullings te oorweeg.”
Ideaal in ekstensiewe toestande
Du Plessis sê die ideaal in ekstensiewe omstandighede is wanneer die natuurlike weiding so vinnig as moontlik verteer word en die inname daarvan so veel as moontlik is.
“Indien dit egter gebeur dat rumenvul op droë weiding voorkom, is dit nodig om vas te stel wat die mikrobes kort sodat die deurvloei van kos bespoedig kan word. Die inhoud moet meer loperig en meer verteerbaar wees, sodat die dier nog kan vreet.
“Navorsing het getoon Namibiese droë weiding se verteerbaarheid is sowat 45% en dit neem sowat 90 ure of 3,7 dae om deur ‘n bees se pens te beweeg.
“In die somer, op groen weiding, neem dit ‘n halwe dag. Dan is die deurvloeitempo vinnig, daar is genoeg proteïene beskikbaar en die dier kan genoeg vreet om sy kondisie te verbeter.
“As jy jou diere op droë weiding hou en nie hul voer met proteïene aanvul nie, gaan hulle nie hul kondisie behou nie. Gee onderhoudslekke op droë weiding om jou beeste se kondisie te behou,” het hy gesê.
Hy het gewys hoe ‘n winterlekaanvulling droë voer se deurvloeityd na een dag toe verkort.
Rumenontwikkeling
“As ‘n kalf gebore word, is sy rumen steriel en nog baie klein. Op dag een is hy tegnies nog ‘n enkelmaagdier en nie ’n herkouer nie.
“Die kalf kry bakterieë in as hy aan sy ma se spene lek en sowat twee weke nadat hy voer begin vreet, bevat sy rumen dieselfde bakterieë as sy ma.”
Du Plessis sê ‘n pasgebore kalf se melkpens is sowat 60% van die totale grootte van die spysverteringskanaal terwyl sy rumen net 20% is, maar eindelik groei tot dit 80% beslaan.
“Jy kan egter help met die ontwikkeling van die rumen-epiteel en -pappilla, wat help met die opneming van kos. Dit verwys na vingeragtige strukture aan die rumenwand. Jy kan ook die rumenspier se ontwikkeling help verbeter.”
Hy het gewys hoe ‘n proef gedoen is waar een groep kalwers twaalf weke lank optimale rantsoen, oftewel melk en kragvoer, gegee is en ‘n tweede groep slegs melk en hooi ontvang het. Daar is vasgestel kruipvoeding verhoog die diere se groei en die ontwikkeling van die pappilae. Hy het gesê die styselkomponent in die voer is baie belangrik vir rumenontwikkeling.
“Twee goed speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van pappilae – naamlik die ruvoer, wat die rumen vergroot. Dit help dat die dier uiteindelik meer voer kan inneem. Tweedens is die fermentasie van grane belangrik.
“Daar moet ook stysel teenwoordig wees sodat dit absorbeer kan word, want dit help met die ontwikkeling van die pappilae.”
Hy het gewys hoe die rumen se pappilae met ‘n kalf se geboorte onder ‘n mikroskoop vertoon en dat die doel is om hulle so lank as moontlik te laat uitgroei sodat die oppervlak daarvan kan vergroot.
“Daar kan egter nie veel gedoen word om die aantal pappilae te vermeerder nie.”
Beskadigde rumen
Hy het gewys dat die rumen van ‘n bees, wat te veel kragvoer in ‘n te kort tyd gekry het of nie behoorlik aangepas was nie en toe te veel kragvoer ontvang het, se rumenoppervlak bykans heel weggebrand is.
“Die probleem is, daar waar die papillae afgebrand is, vorm bindweefsel. Dit beteken daardie oppervlak is nooit weer beskikbaar om kos op te neem nie.
“Die gebeur soms dat iemand ‘n vet bul op ‘n veiling koop en dan lyk die bul se rumen só.
“As dit by die kragvoer kom – begin eerder vroeër daarmee en gee dit oor ‘n langer tydperk teen laer vlakke. Die gevaar vir stoetboere is, solank jy kragvoer gee, is genoeg voedingstowwe beskikbaar en is die dier se kondisie goed, al het sy rumen dalk skade.
“Sodra hy egter op die veld loop, kan sy rumen nie genoeg voedingstowwe opneem nie en kry hy swaar.”
Du Plessis het gesê produsente kan beeste se mis ondersoek om te sien of hulle korrek gevoer word.
“Dit moet genoeg growwigheid inhê, maar nie te veel nie, want dit beteken daar is nie genoeg energie nie en jy gaan sukkel om jou bees af te rond. Kyk hoe goed is die voer se verteerbaarheid deur beeste se mis deur ‘n sif te spoel.”
Hy het gesê onlangse navorsing toon dat die rumen as ‘n tweede smaakorgaan funksioneer en dit veroorsaak dat beeste minder eet as die rumen "proe" dat voer van swak gehalte is.
Maak só
Du Plessis het gesê om rumenfunskie onder ekstensiewe omstandighede te verbeter, moet produsente nie te gou tussen voerprodukte wissel nie, hulle moenie verskillende voere meng of saamgooi en op ‘n wonderwerk hoop nie en ook nie hul lekaanvullingsprogram binne honderd dae voor die teelseisoen verander nie.
“Bly ook weg daarvan om net een keer per week te voer, moenie heel mieliepitte voer nie en gee kleiner porsies konsentrate twee keer per dag, eerder as in een groot porsie,” het hy gesê.
Du Plessis sê boere moet grasinname aanmoedig, omdat dit die goedkoopste bron van voer is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie