Bestuur jou beeskudde só deur die droogte

‘n Beesboer moet sy risiko’s in droogtetye soos nou, reg bestuur om sy finansiële verliese te beperk.
Ronelle Rademeyer
Francois Jones – Jy hoef nie geniaal te wees om die kritieke uitdaging van ‘n droogte te verstaan nie. Wanneer die grond nie reën ontvang nie, of selfs op ‘n ander manier nat word nie, kan plante nie groei nie. Wanneer plante nie groei nie, kan beeste nie wei nie.

‘n Beesvleisprodusent bestee sowat 50 persent en meer van sy/haar bedryfsbegroting op aanvullende voeding en is bewus dat enige vermindering in die tyd wat diere op kwaliteit weiding kan wei, lei tot verhoogde koste van alternatiewe voedingsbronne.

As hierdie styging in insetkoste gekombineer word met kalwers wat nie gewig optel nie as gevolg van genadelose weersomstandighede en laer kwaliteit weiding, kan die resultate rampspoedig wees.

ALGEMENE BEGINSELS

Daar is 'n reeks algemene aanbevelings in droogteliteratuur en boere kan hierdie handige riglyne volg om hul risiko beter te bestuur. Hier is 'n paar belangrike dinge om te onthou:

Daar is min wat 'n produsent kan doen om die situasie te verander, behalwe om te onthou dat die produsent wat die besluit maak om meer grootvee-eenhede in ‘n klein gebied te probeer voer, lei tot oorbeweiding. Dit doen meer skade aan die veld as goed – soms só erg dat die skade oorspoel na die volgende jaar en heel moontlik vererger. Om dit anders te stel: die vermoë van meerjarige plante om te herstel ná 'n droogte is direk verwant aan hul gesondheid voor en tydens die droogte.

Jy pluk die positiewe vrugte as jy in jou langtermyn bestuur meer bekommerd is oor toekomstige plantegesondheid as die jaar se speengewigte. Onthou, ‘n vleisprodusent is eintlik ‘n gras-, boom- of bossieboer om sodoende die vleis as produk van die dier se voeding te kan lewer.

Moenie direk ná die droogte diere aankoop en die veld laat bewei voordat die plante herstel het nie. Dit beteken jy moet nie die veld begin bewei wanneer die gras net 10 cm hoog en groen is nie.

Vir langtermyn weidingsgesondheid en toekomstige volhoubaarheid, wag eerder totdat die gras is 25-30 cm hoog is voor dit bewei word.

'n Streek sal geneig wees om op dieselde tyd uit te droog. As jy jou diere bemark wanneer jy nie ‘n spriet gras op jou plaas oor het nie, sal jy heel waarskynlik probeer verkoop as almal anders ‘n versadigde mark betree as gevolg van oortollige voorraad.

In ekonomiese terme is dit optimaal om te produseer waar marginale inkomste gelyk is aan marginale koste. Wanneer dit by beeste kom, beteken dit dat jy nie moet wag vir jou kalwers en jong beeste om meer gewig op tel op somer weiding voor jy hulle verkoop nie. Op 'n sekere punt gaan jy geld begin verloor deur voort te gaan om die diere te besit, selfs al het hulle dalk nog net 1 kg opgetel. Nog 'n kilogram wat opgetel is, is nie noodwendig nog 'n sent in jou sak nie, tensy jou insetkoste nul is.

Baie produsente wag totdat die kalwers begin om gewig te verloor en die veld so plat soos 'n tafelblad bewei is voordat hul verkoop. Vir die gesondheid van jou weiding, jou beeste en jou boerdery moet jy nie jouself dié situasie plaas nie.

FOKUS VERAL HIEROP

Verminder jou kuddegrootte om by jou beskikbare voer aan te pas. Sodoende kan jy op dieselfde tyd selekteer vir goeie genetika en die kwaliteit van jou kudde verbeter.

Slim plaasbestuur is buigsaam. Dit kan ook beteken dat jy jou kalwers vroeër as gewoonlik moet bemark. Deur kalwers vroeg te speen kan vermy word om produktiewe koeie te verkoop, hoewel dit kan beteken dat jy hulle dalk by die huis moet voer.

Kalwers ouer as 6 maande sal net so goed doen op goeie gehalte hooi en 1 kg kragvoer soos wanneer hulle nog aan hul ma sou drink. Kruipvoeding speel ook ‘n baie belangrike rol in die kalf se rumin-ontwikkeling.

Dus word die kalf vinniger aangepas op natuurlike weiding en die kalf kan dan vinniger gespeen word om die koei vinniger in oesterus te bring.

Onthou dat koeie op verskillende reproduktiewe stadiums, verskillende voedingstofbehoeftes het. Deel die koeie op in verskillende groepe aan die hand van ouderdomme en reproduktiewe stadiums om só aan die regte voedingsbehoeftes van die bepaalde groep koeie te voorsien.

In dié tydperk wanneer droogte geneig is om ‘n groot rol te speel, is meeste koeie mid-dragtig. Dit is die periode wanneer minimale voedingstowwe benodig word.

Dit is beter om diere in hierdie tyd in ‘n roterende weidingstelsel saam te laat wei ten einde die beskikbare weiding op die beste manier te gebruik.

Gee voer aanvullings soos lekke op swak kwaliteit weiding. Dit voorsien belangrike minerale en spoorelemente aan die diere wat broodnodig is om die vertering van swak weiding verbeter.

Beeste sal waarskynlik vitamien A nodig hê omdat droe weiding ‘n tekort aan karoteen het. Moenie probeer om geld te spaar deur inentings en parasietbeheerprogramme te staak nie.

Vermy onkruidbesmette hooi, selfs al is dit goedkoop. Die toekomstige koste van die verspreiding van onkruidsaad en die verminderde prestasie vanweë lae-gehalte voeding maak dit nie die moeite werd nie.

Jou diere moet toegang tot voldoende water hê. Gedurende droë toestande, wanneer die weiding juis ‘n lae waterinhoud het, het hulle dit selfs meer nodig.

'n Droogtejaar is die perfekte tyd vir die ontwikkeling van bykomende water bronne op jou plaas. Meer waterpunte of -bronne is altyd 'n waardevolle bestuurshulpmiddel.

Hou goeie rekords van alle kostes – dit sal jou geweldig baie help met besluite tydens en ná die droogte.

Die laaste ding wat 'n beesboer wil hê, is om goeie weiveld deur ‘n kombinasie van ernstige oorgbeweiding tesame met droogtestremming te verloor omdat hy gewag het tot op die laaste nippertjie om sy kalwers te verkoop.

Werk slimmer, nie harder nie.

*Francois Jones is ’n tegniese adviseur by Nutri Feeds.

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.96 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.87 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.25 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 654.83/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0091 | Zinc US$ 3 005.00/T DOWN -0.38% | Brent Crude Oil US$ 73.89/BBP DOWN -0.0177 | Platinum US$ 989.62/OZ UP +0.13% #N/A