Bestuur probleme met wilde diere
Bestuur probleme met wilde diere

Bestuur probleme met wilde diere

Dani Booysen
MEISIE SKRYF:

Ek verstaan heeltemal, maar begryp glad nie hoe die menslike, veronderstelde intelligente verstand werk nie.

Gretzky, 'n gebore roofdier met net een baie belangrike aangebore instink – oorlewing - vang kos en word doodgemaak. Wie anders gaan vir hom kos verskaf? Dis waarvoor hy geskape is, en elke regdenkende mens weet dit.

Die mens, wat heeltemal selfvoorsienend is en 'n helder, intelligente brein besit, vermoor honderde duisende beeste, bokke, skape, wild en ander diere op die wreedste, ondenkbare wyse – en kom skotvry. Bitter min van hulle word gevang en dan word hy nog vrygelaat en verdwyn tussen die skare.

En o ja. . . Daar is empatie met hulle, want hulle het dan nie werk nie en moet mos eet. En die leeu? Kan hy werk sodat hy kan betaal word om kos te koop? Is dit nie die mens wat die dier se grondgebied afvat nie?

Ek is 'n boervrou wat twaalf jaar in Etosha gewoon en gewerk het. Ek boer al bitter baie jare en ek ken albei daardie scenario's. Mens en wilde dier. Die wilde dier kan jy beheer, maar die wilde mens ongelukkig nie regtig nie.

Daarom is my versoek vandag aan al die moedelose boere met wilde dier-probleme, maak 'n plan. Jy kan. En hou asseblief op om die wilde diere dood te maak wat ook maar net moet oorleef.

Dit is in sy aard. Dis ongelukkig die wet van die natuur.

Nee, ek is nie 'n natuuraktivis nie. Net maar 'n mens wat omgee vir die Vader se skepping.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!