Bestuur van landbou maak boere seer
Jurgens skryf:
Die vleisbedryf in die RSA word net beter en meer vleis word by die dag teen beter pryse uitgevoer sonder oorplate of naspeurbaarheid en met gebruik van groeistimulante.
Die Namibiese vleisraad en uitvoerders spog met meer en meer markte wat tot ons beskikking is, maar die pryse vir produsente bly tuimel. Meatco wil nie die pryse van die EU en Noorweë met die produsente deel nie en bou sy eie voerkrale om alle wins vir homself toe te eien.
Ek het vier jaar terug gewaarsku dat ‘n maatskappy of individu wat alle wins in ‘n waardeketting wil maak ten gronde sal gaan. Verder het ek gewaarsku teen die bedryf van ‘n abbatoire in die duur hoofstad Windhoek met min en duur water.
Die vasklou aan ‘n EU-mark met al sy reëls en nukke het die Namibiese vleis- uitvoerder Meatco nou op die rand van die afgrond. Die maatskappy het nie rekening gehou met die risiko’s wat gepaard gaan met voerkrale met groot getalle diere nie.
Die maatskappy wil nie produsente ‘n paar dollar meer betaal en diere van hulle verkry nie, maar besluit op ‘n duur opsie met die bou van voerkrale en duur voer om sy deurset te vergroot. Indien Meatco ‘n lewensvatbare prys betaal, sal ‘n groot aantal boere diere afrond op die plaas veel goedkoper en met minder risiko as wat Meatco dit kan doen.
Die risiko wat Meatco geneem het, word nou summier na die produsent afgewentel wat reeds skade ly as gevolg van die oprigting van voerkrale.
Landbou is die grootste werkverskaffer in die land en die optrede van Meatco veral in die huidige omstandighede gaan aanleiding gee tot groot arbeidsvermindering in die sektor. Ons hoor nie dat Meatco personeel of vergoeding van bestuur en werkers inkort nie.
Produsente en hul afhanklikes en werknemers moet betaal vir hul besluite en bestuur.
Meatco opereer soos Air Namibia, behalwe waar die belastingbetaler vir die lugredery se blapse moet betaal, moet produsente vir Meatco s’n betaal. Die Meatco-produsent het 70% belang, maar geen seggenskap nie, maar moet instaan vir verliese as gevolg van swak besluitneming en bestuur.
Produsente in die RSA kry huidiglik by sommige abattoirs tot R41 per kg vir Graad A-vleis en die gemiddeld vir Graad C daar is ongeveer R4 per kg beter as wat Meatco betaal. Met die pryse vir produsente daar, voer hulle uit na Namibië en is die hormoonvleis goedkoper as ons eie produk op die rakke. Meatco se jaarlikse aankondiging van hoeveel die maatskappy meer as die RSA prys aan sy produsente betaal het, gaan oor ‘n gemiddelde prys en net vir beter grade.
Meatco het eers ‘n groter deel van die Noorweegse kwota gekry wat Witvlei laat ondergaan het en het nou die hele kwota en betaal net minder en minder aan produsente.
Die Namibiese vleisbedryf het ‘n groot aantal rolspelers, maar elkeen is op sy eie besig, sonder samewerking om ‘n gesamentlike doel of visie na te streef. Die bedryf is verpolitiseerd en leierloos.
Ek hoor op die NLU kongres het een spreker gevra waarom daar drie landbou-unies in Namibië is en dat daar saamgewerk moet word. Die antwoord daarop is maklik. Die regering het met wetgewing drie groepe laat ontstaan en het reëls vir elke groep, gevolglik het elke groep sy eie unieke uitdagings. Noodwendig is daar egter gesamentlike uitdagings wat nou nie as ‘n groter groep hanteer word nie en landbou in die land laat skade ly.
Die enigste oplossing vir ons bedryf is om Meatco as uitvoerabbatoire aan ‘n privaat individu of maatskappy op tender te verkoop om dit effektief te bestuur en meer uitvoerabbatoires te registreer wat die bedryf kan vorentoe neem. Ook om beter markte wat makliker toeganklik is te kry as die spoggerige markte waar die waarde in die ketting verlore raak en die produsent daarvoor moet instaan.
Ongelukkig waar politiek betrokke is, kom daar nooit klarigheid oor ‘n saak nie, want dit raak hulle nie, of so dink hulle. Die kleinveebemarkingskema en Meatco se eienaarskap is so moeilik om op te los, dit neem nou al 12 jaar (‘n hele skoolloopbaan).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie