Bestuurspanne vir Jukskei Namibië bevestig

Jukskei
Namibië Jukskei het onlangs sy algemene jaarvergadering in Windhoek gehou waar mnr. Erik Strauss as president vir die volgende twee jaar herkies is.

Sy visepresident sal Michael Duvenhage wees. Strauss tree ook as die direkteur van bemarking op, met die ander topbestuurslede Johan Viljoen (direkteur: streke en toernooie), Estelle Viljoen (direkteur: administrasie), Gert Aggenbach (direkteur: finansies) en Christie Horn (direkteur: ontwikkeling).

Namibië Jukskei se nasionale keurkomitee sal uit Gert Aggenbach, Bully Thorburn, Gieliana Boshoff, Michael Duvenhage en Christie Horn bestaan.

Die hoofskeidsregter is Gerhard Coetzee.

Namibië het ook drie lede op die Internasionale Jukskeifederasie (IJF) se bestuur, naamlik me. Gieliana Boshoff as president, Christie Horn as visepresident en Erik Strauss as direkteur van kommunikasie.

Namibië Jukskei wens al hierdie lede baie geluk en sterkte toe vir die nuwe seisoen.

• Die Namibiese Junior Jukskeivereniging het ook onlangs sy topbestuur vir 2018-2019 by sy algemene jaarvergadering in Windhoek verkies.

Christie Horn as voorsitter word bygestaan deur Hendrik Grové as ondervoorsitter en Retha Horn as sekretaresse. Die res van die bestuur is die streekverteenwoordigers Japie Dreyer (Suide), Bossie Boshoff (Weste) en Nicolene Swart (Sentraal), met Noorde se verteenwoordiger wat nog vakant is.

Die Namibiese Skeidsregtersvereniging se algemene jaarvergadering is ook in Windhoek afgehandel en die volgende bestuur is vir die nuwe seisoen gekies: Francois Boshoff (voorsitter), Fanna van Wyk (ondervoorsitter) en Elize Steynberg (sekretaresse).

• Sommige van die belangrike datums vir die volgende jukskeiseisoen:



INTERNASIONALE TOERNOOIE

Zeerust toernooi, 25 Augustus 2018 op Zeerust

Meesterstoernooi op Kroonstad

SA Junior toernooi op Kroonstad

SA B&C-toernooi, 25 Februarie 2019 op Kroonstad

SA Senior toernooi op Kroonstad

Meimaand toernooi, 30 April – 3 Mei 2019 op Omaruru



NAMIBIË OPE ­KAMPIOENSKAPPE

Suide streekkampioenskap, 15 September 2018 op Stampriet

Junior B&C-proewe, 5 Oktober 2018 in Windhoek

Coen Brand Ope Dag, 6 Oktober 2018 in Windhoek

Noorde streekkampioenskap, 27 Oktober 2018 op Omaruru

Senior proewe: 1ste been vir SA B&C-kampioen­skap, finale proewe en bekendmaking, 09 November 2018 op Swakopmund

Weste streekkampioen­skap, 10 November 2018 op Swakopmund

Senior proewe, 8 Februarie 2019 in Windhoek

Sentraal streekkampioenskap, 9 Februarie 2019 in Windhoek



NAMIBIESE OPE DAE

Afrigtingskursus, 21 Julie 2018 in Windhoek

Omaruru Ope dag, 4 Augustus 2018 op Noordgrens

Junior Sakeliga, 01 September 2018 in Windhoek

Laerskoledag, 22 September 2018 op Keetmanshoop

Hentiesbaai Ope dag 29 Desember 2018.

Vir enige belangstelling in jukskei in Namibië se bedrywighede, besoek gerus hul webblad by www.jukskei-nam.com of kontak Erik Strauss by 081 122 2743 met enige navrae.

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!