Betaal die keiser wat hom toekom
Estelle de Bruyn - Elke salaristrekker of sakeonderneming in Namibië is belastingpligtig.
Verlede jaar het die ministerie van finansies aangekondig meer as N$4 miljard se belastinggeld is uitstaande en ‘n amnestieskema is aangekondig om belastingpligtiges aan te moedig om hul verpligtinge aan die fiskus na te kom.
Dit is dus ontstellend om te lees dat Chinese sakeondernemings hulself bo hierdie normale verpligtinge ag en selfs daarop aandring om nie belasting op toegevoegde waarde (BTW) te betaal wanneer hulle met plaaslike verskaffers sake doen nie, omdat hulle glo van enige BTW-betalings kwytgeskeld is.
Wanneer die vriendskaplike betrekkinge tussen twee lande, in hierdie geval Namibië en China, só misbruik en uitgebuit word, stem dit wetsgehoorsame landsburgers en getroue belastingbetalers, om te minste te sê, tot ontevredenheid.
Chinese sakeondernemings het die afgelope jare ‘n deel van die kleinhandellandskap in Namibië geword en hulle doen goed sake, te oordeel aan die aantal mense wat plekke soos China Town op ‘n byna daaglikse basis besoek.
Die beste raad wat die kommissaris van binnelandse inkomste, mnr. Justice Mwafongwe, het, is dat kliënte moet aandring op fakture wanneer hulle aankope doen. Dit is ‘n begin.
Dit is egter kommerwekkend dat hierdie sakeondernemings vir jare weggekom het met belastingontduiking sonder dat daar van die owerhede se kant af oënskynlik enigiets gedoen is om beter kontrole uit te oefen.
Miskien kan dit ‘n nuwejaarsvoorneme van die ontvanger van inkomste word om die visier vanjaar op hierdie ondernemings te rig en ‘n omvattende oudit van buitelandse sakeondernemings te doen.
Só sê ander:
The Independent
2 January 2018
No easy way for Rouhani to end the Iran protests
There has been some economic dividend from the nuclear agreements with world powers such as Iran being able to sell oil in the global market, but others have been stymied by the US failing to lift a range of sanctions.
Among the latest to die in the rising violence in Iran were an 11-year-old boy, a 20-year-old man and the first member of the security forces, from the Revolutionary Guard.
The hardliners can use these deaths as evidence that extremists or foreign agents are behind the protests and demand a severe crackdown. Some of those who have been taking part in the demonstrations are themselves concerned that agent provocateurs are at work trying to sabotage their legitimate protests against economic hardship and corruption.
The pace and scale at which events had developed, spreading so swiftly across the country, has caused widespread surprise, confusion and, inevitably, conspiracy theories of “hidden hands” at play.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie