Betaal keiser wat toekom
Betaal keiser wat toekom

Betaal keiser wat toekom

Ronelle Rademeyer
Belastingontduiking en -bedrog is meer as net onwettig. Dit is 'n morele sonde om te neem sonder om terug te ploeg sodat ontwikkeling en vooruitgang – waarby die ontduiker onverdiend óók baat – kan geskied.

Die staat skep immers deur middel van beleide, stelsels en infrastruktuur 'n omgewing waarbinne die individu en die instansie inkomste kan genereer.

Erger nog is buitelandse aandeelhouers se minagting van die belastingreëls in die lande wat hulle ryk maak.

'n Voorbeeld is die onthulling in die Paradise Papers oor Atlantic Pacific Fishing, waarin Andes Pacific van Hongkong 49% aandele het, se Mauritius-maneuvers om belasting te ontduik. Dit was moontlik vanweë die dubbele belastingooreekoms wat Namibië met dié eilandregering het.

Finansminister Calle Schlettwein het sy veroordeling hiervan só aan die BBC verwoord: “Dit is absoluut onhoudbaar dat ons jaar in en jaar uit hulpbronne weggee en sien hoe die rykdom opbou in die lande waar die beleggers vandaan kom, terwyl daar plaaslik ewige armoede en baie min opbrengs uit daardie natuurlike hulpbronne is.”

Die BBC haal verder vir kenner Martin Hearson van die London School of Economics aan wat sê dubbele belastingooreenkomste word in die ontwikkelende wêreld dikwels as 'n algemene belastingvermydingstrategie toegepas. Geen wonder die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) beraam ontwikkelende lande verloor jaarliks nagenoeg N$29 miljard weens belastingontduiking nie. Hierdie geld kon baie klinieke en skole en huise gebou het.

Schlettwein en sy ministerie verdien Namibiërs se volle steun om hierdie euwels uit te wis.





The Washington Post, 14 November 2017

A new deal with Russia sounds too good to be true. It probably is.



President Trump's latest defense of Russian leader Vladimir Putin included — along with a bow to his denials of meddling in the U.S. election — an appeal to pragmatism.

The problem is that Mr. Putin consistently disregards the deals he strikes with the United States and allied governments. He promises cooperation while in practice seeking to block U.S. objectives and demoralize and divide Western democracies.

On Saturday, the State Department announced a new bargain with Moscow about Syria that commits Russia to the withdrawal of Iranian forces from the country and to a U.N. peace process.

Like the multiple accords about Syria struck with Russia, it sounds too good to be true. Most likely, like all those previous deals, it is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!