Betaling van SAL-salarisse weer in die weegskaal
Liesel Peyper - Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) stuur af op nóg ’n ongemaklike betaaldag omdat die regering steeds nie die R2 miljard-reddingsboei wat hy in Oktober verlede jaar belowe het, oorbetaal het nie.
Die nasionale tesourie het bevestig die kontant is nog nie oorbetaal nie, maar wou nie uitwei oor wanneer dit gaan gebeur nie.
“Die R2 miljard-bedryfskapitaal sal gefinaliseer word in oorleg met die departement van openbare werke en die sakereddingspraktisyns. Nadere besonderhede sal later bekend gemaak word,” het ’n woordvoerder gesê.
Die regering het belowe om R2 miljard kontant te gee en R2 miljard se ondersteuning in die vorm van waarborge.
Die sakereddingspraktisyns wat in Desember aangestel is, het by navraag gesê hulle kan nie Januarie se salarisbetalings waarborg nie. “Dit is ons oogmerk om salarisse te betaal onderhewig aan finansiering,” is in ’n boodskap aan Rapport gesê.
Les Matuson, hoof-sakeredder, het op 20 Desember op ’n vergadering van krediteure onderneem om die sakereddingsplan nie later nie as einde Februarie bekend te maak. Die plan sal na verwagting op 14 Februarie gereed wees.
Derek Mans, die SAL-organiseerder van Solidariteit, sê die vakbond het sy eie reddingsplan aan Matuson voorgelê en is vol vertroue dat elemente daarvan in die finale plan vervat sal word.
Solidariteit het in die hooggeregshof in Pretoria aansoek gedoen om die SAL in sakeredding te laat plaas en die direksie het dae nadat die hofstukke ingedien is, omgespring en vrywillig om sakeredding gevra.
“Ons het veral klem geplaas op die bedryfsuitdagings by die SAL en dat daar nie enige lugvaartkundiges op uitvoerende vlak is nie,” sê Mans.
Solidariteit dring daarop aan dat dié wat by die lugdiens se ondergang betrokke was, aan die pen ry en dat ’n vaardigheidsoudit op alle vlakke uitgevoer word om seker te maak die geskikte mense is in die regte poste – iets wat glo al geruime tyd beplan word, maar nog nooit gedoen is nie.
Intussen het die SAL die afgelope week in ’n verklaring gespog dat hy aangewys is as een van die toptien lugdienste in Afrika en die Midde-Ooste wat gereelde aankoms- en vertrektye betref.
Cirium, ’n internasionale navorsingsfirma wat die studie gedoen het, klassifiseer alle vlugte wat binne 15 minute van die gereelde tyd opstyg of land, as “betyds”. Oman Air het die eerste plek in die Afrika-Midde-Ooste-kategorie behaal. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie