Beter bestuur van oorgrenswater
Die krisis wat oewerboere by Aussenkehr tans in die gesig staar, plaas wêreldwye uitdagings met volhoubare waterbestuur vanuit ‘n plaaslike hoek in skerp perspektief.
Die oorgrensvraagstuk stel vrae oor samewerking tussen Namibië en Suid-Afrika.
Hoewel goeie en regverdige, gesamentlike bestuur van waterbronne al baie jare nagestreef word, wil dit lyk of die nodige voorsienigheid in die geval ontbreek het. Anders sou ‘n pleidooi deur boere dat Namibië dadelik met Suid-Afrika op kabinetsvlak moet gesels nie nodig gewees het nie.
Droogte en watertekorte in beide lande speel ‘n rol, maar verg juis selfs beter samewerking in almal se belang.
Byna drie dekades sedert onafhanklikwording is die geskil oor waar die grens tussen die twee lande in die Oranjerivier lê ook nog nie beredder nie.
Volgens die Namibiese Vereniging van Druiweverbouers (NGGA) moet meer water dringend stroomop vrygelaat word om nie net hul oeste nie, maar ook dié van dadels en groente te red. Saam met duisende seisoensgebonde werkgeleenthede is ander, groot ekonomiese kwessies op die spel, byvoorbeeld inkomste uit die buitelandse uitvoere van meer as 30 000 ton se tafeldruiwe.
Verlede jaar is opnuut berig oor die plan om ‘n reusedam net oos van Noordoewer te bou. Selfs dan sal dit tot twee dekades neem om watervoorsiening in die benede-Oranjerivier te verbeter. Meer damme skep soms groter bestuursuitdagings.
Uitkoms vir Aussenkehr is noodsaaklik. Ook is die probleem ‘n wekroep oor hoe die mens midde klimaatsverandering met water as lewensbelangrike, skaars hulpbron omgaan.
So sê ander
15 Februarie 2019
Parliament and Brexit: Theresa May’s approach has failed
The latest government defeat on Brexit should be a watershed.
Even at this late hour, Brexit must be decisively changed by determined MPs of all parties and by effective leadership if the national interest in the Brexit endgame is to be defended and preserved to some degree.
A large part of what is so reckless about this process is that the row between the fanatics and the government centres on rightwing dogmas not facts.
In two weeks’ time, parliament will face the same serious issues again. Parliament can no longer allow itself to be complicit in Mrs May’s strategy of running down the clock and selective accountability.
The prime minster’s approach has failed. It is taking Britain towards a no-deal outcome based on idiotic and destructive dogmas. The time has come to forge a new consensus to save the country.
• THE GUARDIAN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie