Beter, groter en luukser
Bly die maatstaf in sy segment
Dirk Gallowitz
Sedert die eerste Civic in 1973 die motorwêreld betree het, het Honda model na model verbeter ten einde kopers tevrede te hou. Sedertdien is meer as 23 miljoen eenhede van die gewilde motor in 170 lande en streke wêreldwyd verkoop en deesdae word die Civic in nege lande van die wêreld gebou.
Honda het die nuwe Civic uit twee filosofieë ontwikkel: Eerstens, om mense se lewens te verbeter, en tweedens om drome waar te maak. Die nuwe Civic staan gevolglik op drie hoofpilare, naamlik charismatiese ontwerp, sportiewe en dinamiese verrigting tekenend van die Honda-handelsnaam en laastens, gevorderde toerusting ten einde die Civic met betrekking tot gerief, veiligheid en gehalte steeds die maatstaf in sy segment te maak.
Die nuwe model word daarom voorgehou as ’n middelvlak-gesinsmotor. Tog is dit veel groter as die vorige model, maar weer effe kleiner as die vlagskip Accord wat eersdaags uitgefaseer word. Honda hoop juis dat met hierdie gematigde benadering die nuwe Civic kopers uit die C (ou Civic-Corolla-mark) en D (Accord-BMW 3-reeks) segmente van die mark gaan lok.
Uiterlik tref die nuwe model met ’n dinamies sportiewe ontwerp. Teenoor die uitgaande Civic is die nuwe model op ’n heeltemal nuwe platform gebou en is nou 11 cm langer waarvan die asafstand met 3 cm gerek het. Die dak van die nuwe Civic is egter 2 cm laer wat tot gevolg het dat die kar laer, breër en meer vaartbelyn vertoon.
Die neus is lekker laag met die enjinkap wat plat tussen die voorwiel na die grond toe beur waar ’n prominente sierrooster tussen twee groot hoofligte hurk.
Ontwerp as ’n vierdeursedan, vertoon die kantprofiel van die nuweling na ’n koepee-agtige luikrug met die daklyn wat ’n groot, skuins vooruit volg en na agter swiep om kort en regaf te eindig. Die besondere ontwerp van die nuwe Civic se agterligte is myns insiens die treffendste van die uiterlike voorkoms. Die geheelbeeld is nietemin sportief en tog ook elegant, terwyl die “Sport”-weergawe met sy 17” lae profiel wiele, swart sierrooster, agterste drukvin en LED-dagryliggies ’n stewige skeut aggressie byroer.
Binnekant is die kajuit tipies van Honda se “Daring ACE”-ontwerpkonsep waar luukse, hoë gehalte materiale en afwerking saamgevoeg word met ’n vindingryke ontwerp-uitleg van die voorpaneel en middelkonsole. Honda is meesters van intuïtiewe verpakking en die nuwe Civic is geen uitsondering nie.
Die instrumentasie is nou alles digitaal, wat die kenmerkende twee-vlak instrumentepaneel oorbodig gemaak het. Al die nodige instrumentasie vir die bestuurder word nou in ’n slim uitleg op een volkleur LCD-skerm agter die stuurwiel vertoon. Die middelkonsole word oorheers deur ’n 7” kleur raakskerm waar die kommunikasie, klank, SatNav, rit- en voertuiginligting vertoon word met behulp van ’n gebruikersvriendelike itemlys en skakeling het slegs ’n ligte aanraking nodig. Die verstelbare stuurwiel bied ook skakelfunksies vir die telefoon, klank, spoedbeheer en ritinligting.
Ons het tydens die bekendstelling slegs die “Sport” en “Executive” afwerkings met die 1.5 turbo-enjins gery. Beide modelle beskik oor ’n omvattende lys van standaard toerusting, elektroniese katoeters en bestuurderhulpstelsels wat Honda beskryf as “New human machine interface”. Die innoverende stelsel maak slimfooninteraksie met verskeie applikasies moontlik. Jy kan byvoorbeeld jou padkaarte gerieflik via “Apple CarPlay” of “Android Auto” na die inligtingskerm stuur as jou Civic nie met satellietnavigasie toegerus is nie. ’n Elektriese handrem met ’n remhou-funksie wat verhoed dat die motor agtertoe rol as teen skuinstes stilgehou word, is nou standaard.
Tydens ons bekendstellingsrit deur die Boland was dit opvallend hoe stil, selfs teen hoë spoed, die kajuit binne was. Dit danksy spesiale liggewig-klankdempingsmateriale wat Honda in die kajuit gebruik om vibrasie, enjin-, wind- en padgeraas te minimaliseer.
Binnekant is sitplek vir vyf insittendes met die agterste sitplekke wat nou 55 mm meer knieruimte bied en ook nuut ontwerp is vir groter gerief. Die heupposisie is byvoorbeeld met 20 mm laer gemaak en die sitposisies kan nou met meer opsies verstel word.
Die elektries-verstelbare voorste sitplekke by al die modelle uitgesluit die intree “Comfort”, kan verhit word.
In geheel skep die kajuit ’n premium gevoel met ’n atmosfeer van weelde en gerief.
Wat veiligheid betref, is die nuwe Civic se twee topmodelle toegerus met onder meer “Walk Away Auto Lock” wat via jou slimsleutel die motor outomaties sluit as jy meer as 2,5 meter weg is van die motor. Die stelsel bied ook sleutellose toegang en aan- en afskakeling.
Die topmodel Executive bied ook aanpasbare spoedbeheer wat die volgafstand hou selfs teen lae spoed, “Collision Mitigation Braking System (CMBS)”, “Lane Departure Warning (LDW)”, “Lane Keeping Assist System (LKAS)”, “Road Departure Mitigation (RDM)”, “Forward Collision Warning (FCW)”, en “Lane watch with side-sensing cameras”. (Verskoon die Engelse beskrywings, maar om dit in raakvat Afrikaans te probeer vertaal, is soos om droë biltong sonder tande te probeer kou!)
Honda se nuwe “Agile Handling Assist” oftewel “AHA” werk saam met die Civic se elektroniese stabiliteitsstelsels ten einde die motor op die pad te stabiel te hou en terselfdertyd ’n aangenamer bestuurservaring te verseker, veral deur draaie.
Die stelsel maak deurlopend klein aanpassings via die versneller en remstelsel terwyl die motor deur die draaie beweeg om stabiliteit en bestuurderbeheer te verseker. Al die Civic-modelle kom toegerus met ses lugsakke (voor, kant en gordyntipe) asook met ’n tru-kamera en agterste parkeergonsers (met uitsondering van die intree Comfort-weergawe).
Honda het met die willewragtag Civic Type R uiteindelik na turbokrag oorgeskakel en die nuwe Civic-sedan trek nou voordeel uit hierdie besluit. ’n Nuwe 1,5 liter turboaangejaagde petrolenjin doen nou diens in die twee topmodelle terwyl die intreemodelle in “Comfort” en “Elegance” afwerking met die normale 1,8 liter petroloond aangedryf word.
Ons het die 1,5T VTEC Turbo in Sport- en Executive-afwerking tydens bekendstelling op ’n verskeidenheid van padtoestande gery. Die turbo-enjin is lewendig met piek wringkrag wat tussen 1 700-5 500 rpm beskikbaar is en het nooit gesukkel met versnelling as die regtervoet geplant word nie. Die enjin se verrigting is volgens Honda vergelykbaar met ’n 2,4 liter petrolenjin sonder turbokrag.
Honda Motors SA het besluit om slegs die CVT-ratkas te gebruik vir al sy modelle in die nuwe Civic-reeks in Suid-Afrika. Blykbaar verkies kopers dit so. Terwyl ek van nature allergies is vir die tipe ratkaste, is die een wat diens doen in die nuwe Civic, verbasend goed en sal meeste bestuurders dit as ’n gewone outomaties beleef.
Die nuwe Civic se onderstel is gebou uit hoësterkte materiale om ’n liggewig platform met hoë vlakke van rigiditeit te verkry. Afgesien van beter paddinamika is die gewig ook met 22 kg verminder.
Die nuutontwerpte veerstelsel van die nuwe Civic maak gebruik van MacPherson-stutte voor en ’n veelskakelstelsel agter, wat saam met die toevoeging van ’n subraam, grootliks tot verbeterde rit- en veiliger paddinamika bydra.
Die nuwe Honda Civic is ’n waardige toevoeging tot Honda se passasiermotor-modelreeks in Suid-Afrika.
Net jammer die wisselkoers pootjie ingevoerde motors se pryse plaasik. Die nuwe Civic sou omtrent ’n kat in die hoenderhok kon gewees het as die prys net so effe goedkoper was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie