Beter lewensomstandighede vir Naute-werkers
Bouwerk teen ''n beraamde koste van sowat N$15 miljoen en wat nuwe verblyfeenhede insluit, gaan die lewensomstandighede van werkers by onder meer die Al Dahra-landbouprojek buite Keetmanshoop aansienlik verbeter.
Die lewensomstandighede van die werkers by die Naute-besproeiingskema sal na verwagting aanstaande maand verbeter, wanneer opknappingswerk ten bedrae van N$15 miljoen voltooi word.
Die projek is ongeveer 50 km suid van Keetmanshoop geleë.
Tydens 'n onderhoud met Nampa het die Namibiese Ontwikkelingskorporasie (NDC) se senior bestuurder vir korporatiewe aangeleenthede, mnr. Wessel Nanuseb, gesê die herstelwerk wat in Augustus verlede jaar begin het, aanstaande maand voltooi word.
Die omvang van die werk sluit onder meer in dat elke eenheid sy eie toilet- en kombuisgeriewe in plaas van gemeenskaplike geriewe kry. Nuwe verblyfeenhede word ook gebou wat huisvesting aan 'n bykomende 100 tydelike werkers sal verskaf. Dit sal die druk op die huidige geriewe aansienlik verminder, het hy gesê.
Die koste van die opknappingswerk beloop sowat N$6,6 miljoen. Die nuwe verblyfeenhede word teen 'n beraamde koste van N$8,4 miljoen opgerig.
Die haglike werks- en lewensomstandighede van die werknemers by die Naute-besproeiingskema en die Al Dahra-landbouprojek buite Keetmanshoop was in die spervuur ná 'n besoek deur die voormalige president, mnr. Hifikepunye Pohamba, aan die gebied in Maart verlede jaar.
Pohamba was hoogs ontsteld oor die lewensomstandighede van die werkers en het die situasie as onaanvaarbaar in 'n onafhanklike Namibië beskryf. Hy het ook op onmiddellike regstellings en verbeterings aangedring.
Die plase produseer druiwe en dadels vir uitvoer na die Europese mark en is 'n gesamentlike onderneming tussen die NDC en die Aldhara-landboumaatskappy wat in die Verenigde Arabiese Emirate geleë is.
Die werkers het tydens 'n vorige besoek deur Nampa in Oktober verlede jaar gekla dat hulle in vuil, oorvol kamers moet bly en weinig privaatheid het.
In sommige gevalle is die kamers deur mans en vroue gedeel, terwyl getroude paartjies kamers met kollegas gedeel het.
Bad- en stortgeriewe is beperk, terwyl die eenhede dikwels kragonderbrekings ondervind. Die werkers het voorts gesê hulle is ontevrede met hul salarisse, sowel as die behandeling wat hulle van bestuurskant ontvang.
Intussen het Nanuseb gesê die toekoms lyk blink vir die werkers, met 'n kindertuin en kliniekgeriewe wat ook in aanbou is. Die projek bied werkgeleenthede aan ongeveer 20 permanente en 140 seisoenale werkers. Die besproeiingsprojek is in die vroeë 1990's onder die wal van die tweede grootste dam in die land, die Nautedam, begin. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie