Beter mediese sorg vir swanger vroue
Beter mediese sorg vir swanger vroue

Beter mediese sorg vir swanger vroue

Hierdie soort sentrums is die beste manier om ma en baba se lewens tydens geboorte te red.
Helené Bam
Helené Bam

Gobabis gaan eersdaags met ’n moderne tehuis vir swanger vroue in die streek spog.
“Om ’n veilige plek vir swanger vroue in die laaste weke van hul swangerskap te bied, is een van die beste maniere om ma’s en babas se lewens tydens geboorte te red, ” sê dr. Simon Ikandi.
Ikandi is deel van die groep dokters en mediese personeel wat aan die ­beplanning van die Maternal Waiting Home in Gobabis werk. Vroue wat in landelike gebiede in die ­Omahekestreek woon, kan aan die einde van hul derde trimester na dié tehuis toe kom om mediese sorg te ontvang en om nader aan die hospitaal te wees wanneer hulle moet kraam.
Die voormalige presidentsvrou, me. Penehupifo Pohamba, is een van die kampvegters vir hierdie tehuise vir swanger vroue.
Volgens ’n verslag van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) skenk tot 15% van vroue in Namibië by die huis geboorte. “Daar is vroue wat baie ver van enige mediese geriewe woon. Dit beteken dat hulle lang ­afstande moet reis om voorgeboortesorg te ontvang. Vir sommige vroue is dit ook nie moontlik om in ’n hospitaal ­geboorte te skenk nie. Dit is ’n probleem, want baie vroue en babas verloor só hul lewens,” sê Ikandi.
Wanneer die tehuis gereed is, gaan dit tot 80 vroue op ’n slag kan huisves. “Ons is baie opgewonde oor die projek. In die eerste fase gaan ons 40 beddens kan aanbied en soos meer geld vir die projek beskikbaar word, gaan ons meer beddens be­skikbaar kan stel. Vroue wat in landelike gebiede woon, verdien ook goeie mediese sorg,” sê Ikandi.
Volgens die WHO se ontleding kom sterftes by kinders onder vyf jaar en vroue wat geboorte skenk, dubbel soveel in landelike gebiede as ­stedelike gebiede, voor. Terselfdertyd verdubbel die sterftekoers in hierdie kategorie in lae inkomstegebiede ook teenoor dié in die hoogste inkomsteklas.

Kommentaar

Republikein 2024-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 2 vs 2 Wolves | Brentford 4 vs 3 Ipswich Town | Aston Villa 1 vs 1 Bournemouth | Manchester City 1 vs 0 Southampton | Leicester City 1 vs 3 Nottingham Forest LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Villarreal | Espanyol 0 vs 2 Sevilla SerieA: Napoli 1 vs 0 Lecce | Torino 1 vs 0 Como | Udinese 2 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Cardiff City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Sunderland 2 vs 0 Oxford United | Sheffield United 2 vs 0 Stoke City | Plymouth Argyle 3 vs 3 Preston North End | Derby County 1 vs 1 Hull City | Burnley 0 vs 0 Queens Park Rangers | Watford 1 vs 0 Blackburn Rovers | Coventry City 3 vs 2 Luton Town | Bristol City 0 vs 0 Leeds United | Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Cardiff City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Sunderland 2 vs 0 Oxford United | Sheffield United 2 vs 0 Stoke City | Plymouth Argyle 3 vs 3 Preston North End | Derby County 1 vs 1 Hull City | Burnley 0 vs 0 Queens Park Rangers | Watford 1 vs 0 Blackburn Rovers | Coventry City 3 vs 2 Luton Town | Bristol City 0 vs 0 Leeds United | Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion #N/A Currency: GBP to NAD 22.82 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.94 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.4 | USD to EGP 48.73 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1634.69 | USD to ZAR 17.65 | USD to ZMW 26.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1878.14 Down -0.19% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14181.53 Up +0.31% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30552.82 Up +0.46% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9844.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 747.22/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 116.50/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 76.05/BBP UP +1.80% | Platinum US$ 1 024.42/OZ DOWN -0.002 #N/A