Beter posisie haal steeds nie die paal
'n Moedige aanslag deur die Namibiese span het uiteindelik net-net te kort geskiet.
Andrew Poolman - Nederlae teen die twee uiteindelike finaliste, Kenia en Uganda, het klaargespeel met die hoopvolle buitekans wat die Namibiese sewesrugbyspan gehad het om dalk 'n sensasionele plek na hoër internasionale louere oop te speel.
Die indrukwekkende Kenia het egter opnuut almal platgeloop en het Saterdag die eindstryd van Rugby Afrika se kontinentale kampioenskapstoernooi in die Bosmanstadion op Brakpan gewen.
Die oorwinning met 29-0 teen Uganda het vir die onoorwonne Keniane hul plek na die 2020 Olimpiese Spele in Tokio bespreek – net soos by vier jaar gelede se Spele in Rio de Janeiro toe die sport sy Olimpiese debuut gemaak het.
Namibië, onder 'n nuwe afrigter en kaptein (David Philander en Cameron Langenhoven), het uiteindelik in die vyfde posisie uit die 14 lande klaargemaak. Dit spreek van beduidende verbetering in vergelyking met 2018 se negende posisie toe die toernooi in Tunisië aangebied was.
Vrydagoggend het Namibië sy openingswedstryd teen Tunisië naelskraap met 26-21 gewen – 'n valbyl wat noodsaaklik was om seker te maak dat hy in die boonste helfte van die kompetisie voortgaan en sy kwalifiserende kans lewendig hou.
In die volgende wedstryd teen Uganda was die Oos-Afrikane egter met 35-17 baas.
Dag een is met 'n klipharde nederlaag van 33-0 teen die onstuitbare Kenia afgesluit.
Saterdag het die Namibiërs darem gered wat te redde was deur Senegal met 38-19 te oorheers, hoewel die skeidsregter se drie geel kaarte teen Senegal in die eerste helfte reeds tot 'n rustydvoorsprong van 24-0 bygedra het.
Ter afsluiting het Namibië die uitspeelwedstryd vir die vyfde posisie met 38-5 teen 'n uitgeputte Zambiese span gewen.
Afrigter David Philander sê: “Dit was 'n goeie toernooi vir ons. Ons weet nou waar ons staan teenoor die res van die lande. Nou begin die harde werk.
“Ons het 'n paar spanne ordentlik weggesit toe ons begin saam speel het, maar ons kon sien hoekom Kenia, Uganda en Zimbabwe tans met rede hoër as ons geplaas is. Hulle investeer meer in hul sewes en speel gereeld toernooie regoor die wêreld om die nodige oefening in te kry gedurende die tye wanneer hulle nie in die Wêreldreeks betrokke is nie.
“Adriaan Booysen het 'n baie goeie toernooi gehad en is agterna as ons speler van die toernooi aangewys.
“Ek dink nie dit is realisties om 'n paar weke te oefen en te verwag om die toernooi te kom oorheers nie.
“Ons het wel die skietgoed, maar dit kos twee tot drie jaar se harde werk om te wees waar Kenia nou is. Dit verg die fokus om letterlik sewes te eet en slaap.
“Om net twee weke voor die toernooi ons vyftienman-Wêreldbekerspelers te kry om saam te kan oefen, was nie genoeg tyd saam nie, maar ons het hulle nodig gehad vanweë hul krag en gewig.
“Ons het nogtans 'n baie goeie spelersgroep en ons kan net groei van hier af. Bietjie gereeld toernooie speel volgende jaar, dan kan ons weer met die ander lande om die tafel sit en kyk wat gaan vir wat.”
Die eindposisies ná afloop van die toernooi: 1 Kenia, 2 Uganda, 3 Zimbabwe, 4 Madagaskar, 5 Namibië, 6 Zambië, 7 Senegal, 8 Nigerië, 9 Ghana, 10 Marokko, 11 Tunisië, 12 Ivoorkus, 13 Mauritius, 14 Botswana.
SELF GEWOND
'n Mens sal ook maar net kan bespiegel oor die effek van die baadjiedraers by die Namibië Rugby-unie se besluit om die vlugvoetige vlakhaas Janry du Toit op die laaste oomblik uit die toerspan weg te laat en met Tuna Amutenya te vervang.
Hul verduideliking dat 'n besering die hoofrede was, is onmiddellik deur lede van die mediese span weerspreek.
Weg van die speelveld het dié skuif beslis geboemerang deur die ongewenste publisiteit wat deur die oënskynlike ware rede vir die optrede teen Du Toit opgewek is. Sy ondeurdagte antwoord op 'n mediavraag by die Wêreldbeker in Japan, waarin hy op korrupsie in die NRU se geldsake sinspeel, is nêrens gepubliseer nie, maar die NRU-optrede hierna het wel slapende honde onder die publiek en op sosiale media wakker gemaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie