Betogers kamp uit ná polisie leerling skiet
Mense in Hongkong beskuldig die polisie van moorddadigheid ná 'n 18-jarige se skietdood.
Alumni het gister ’n sitstaking buite ’n skool in Hongkong gehou in solidariteit met Tsang Tsji-kin (18) wat Dinsdag deur die polisie geskiet is te midde die voortslepende betogings in die land.
Hy is in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem, maar sy toestand was gisteroggend stabiel.
Die mense wat by Tsang se skool, Tsuen Wan Public Ho Chuen Yiu Memorial College, bymekaar gekom het, beskuldig die polisie van moorddadigheid.
Tsang is geskiet terwyl duisende betogers opgeruk het om hul ontevredenheid met China se leiers uit te spreek op die 70ste viering van kommunistiese beheer in China.
Stephen Lo, polisiehoof, het die skietery aan joernaliste bevestig en sê die polisielid het die leerling uit selfverdediging geskiet.
In ’n video wat na bewering deur ’n student geneem is, kan daar gesien word hoe Tsang die polisielid rakelings met ’n stok slaan, waarna die polisielid, wat omtrent ’n meter van Tsang af staan, hom dan skiet.
Lo sê dié skietery is nie teen die wet nie en het dit as regverdig bestempel. Die polisie het ook Dinsdag traanrook afgevuur en waterkanonne gebruik om betogers uiteen te jaag.
“Die polisie se lewens word bedreig en daarom het hulle skerp ammunisie afgevuur,” het Lo oor die skietery gesê.
Dit is die eerste keer in die amper vier maande dat die betogings in Hongkong aan die gang is dat skerp ammunisie gebruik is.
Die betogings het begin oor ’n wetsontwerp wat behels dat misdadigers in Hongkong aan China uitgelewer kan word, waar die howe deur die Kommunistiese Party beheer word. Dit het die vrees laat ontstaan dat Hongkong se wetlike vryheid ondermyn sou word en dit gebruik sou word om die monde te snoer van aktiviste wat krities teenoor China is.
Die voorgenome wetgewing is intussen laat vaar, maar die betogers het daarna nog eise aan Carrie Lam, Hongkong se leier, gestel. Dit sluit onder meer volle demokratiese regte in, voordat die betogers bereid is om hul massaprotesoptrede op te skort. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie