Betogings skud Duitse stad
Betogings skud Duitse stad

Betogings skud Duitse stad

Verregse betogers in die Duitse stad Chemnitz het Maandag slaags geraak met linksgesinde betogers nadat ’n man van Irak en ’n man van Sirië in hegtenis geneem is weens die moord van ’n Duitser Sondag. Dié voorval het gewelddadige protesoptrede ontlok.

Waterkanonne is gebruik om die verregse en linkse groepe uitmekaar te hou. Talle mense is beseer.

Angela Merkel, die Duitse kanselier, het die geweldpleging veroordeel.

Die onrus weerspieël ’n toenemende skeuring in die Duitse samelewing nadat Merkel se regering in 2015 sowat ’n miljoen vlugtelinge die land binnegelaat het.

Meer as 1 000 linksgesinde betogers het Maandagaand in Chemnitz naby ’n reusestandbeeld van Karl Marx byeengekom om teen aanvalle op buitelanders te betoog.

Sommige betogers het met baniere of insignia van die verregse party Alternatief vir Duitsland en ander neo-Nazipartye en ander ekstremistiese groepe betoog. ’n Klein getal betogers het die onwettige Nazi-saluut gegee, berig The Guardian.

Baie van dié groep het geskree “We are the people”, ’n slagspreuk wat gereeld deur ondersteuners van regse groepe gebruik word.

Die polisie in Saxony, die oostelike staat waar Chemnitz geleë is, het Maandag omstreeks 19:30 plaaslike tyd gesê die betoging is verby en hulle vergesel betogers na die treinstasie.

Volgens die polisie was sowat 50 betogers gewelddadig.

‘Nie anargiste duld nie’

Merkel se woordvoerder, Steffen Seibert, het gesê hulle duld nie “sulke onwettige byeenkomste en die vervolging van mense wat anders lyk of van elders is” en die pogings om haat te versprei nie.

“Dit het geen plek in ons stede nie en die Duitse regering veroordeel dit teen sterkste.”

Roland Woeller, minister in Saxony, het gesê owerhede sal nie anargiste duld nie en het gewaarsku teen verkeerde inligting en leuens wat op sosiale media sirkuleer.

Die aankoms van talle vlugtelinge uit die Midde-Ooste het tot grootskaalse ondersteuning vir regse groepe in die land gelei.

Markus Frohnmaier, ’n politikus van die groep Alternatief vir Duitsland, wat nou die hoofopposisieparty is, het Sondag getwiet as die staat nie meer die burgers wil beskerm nie, sal hulle die strate invaar en hulself beskerm.

Die geweld in Chemnitz sal moontlik meer druk op Merkel se party plaas, wat verlede week daarvan beskuldig is dat hulle die opkoms van regse groepe in Saxony ignoreer. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!