Betoog ook, vra Trump sy ondersteuners
Betoog ook, vra Trump sy ondersteuners

Betoog ook, vra Trump sy ondersteuners

Henriette Lamprecht
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het 'n beroep op sy ondersteu­ners gedoen om hul eie protesoptog te hou nadat van Hollywood se grootste sterre weer hul stemme teen hom laat hoor het, berig The Independant.

“Miskien moet die miljoene mense wat gestem het om AMERIKA WEER GROOT TE MAAK hul eie protesoptog hou,” het Trump Saterdag getwiet.

“Dit sal die grootste van almal wees!” het hy bygevoeg.

Bernie Sanders, een van die voormalige mededingers om as die Demokratiese Party se presidentskandidaat benoem te word, het met Trump se oproep gespot.

Hy het 'n foto getwiet wat die opkoms by Trump se inhuldiging en dié van oudpres. Barack Obama s'n met mekaar vergelyk en geskryf: “Hulle het. Dit was nie.”

Trump se boodskap het gevolg nadat akteurs soos Jodie Foster en Michael J. Fox Vrydag op 'n byeenkoms in Beverly Hills vir die regte van immigrante gepleit het.

Fox, wat in Kanada gebore is en 20 jaar gelede 'n Amerikaanse burger geword het, het gesê die wegwys van immigrante is 'n “aanslag op menswaardigheid”.

Asghar Farhadi, 'n Oscar-­benoemde rolprentregisseur van Iran, het die akteurs se optrede via 'n videoboodskap uit Teheran geloof. Hy beplan ook om weg te bly van Sondag se Oscar-toekennings uit protes teen Trump se pogings om immigrante te verbied.

“Dit is gerusstellend om te weet dat die rolprentgemeenskap saamtrek om sy teenstand te wys teen politici wat haat probeer bevorder deur verdeeldheid tussen kulture, godsdienste en nasionaliteite te saai,” het Farhadi gesê.

“Ek hoop dié eenheid sal verder versprei en ook teen ander ongeregtighede kapsie maak.”

Die byeenkoms was een van talle wat al wêreldwyd gehou is deur mense wat ontevrede is met Trump se beleidsrigtings wat inbreuk kan maak op die regte van vroue, immigrante en die pers.

Sy ondersteuners het wel al in hul duisende by amptelike geleenthede saamgetrek, maar nog nie soortgelyke protesoptogte gehou nie.

Trump het deelnemers daaraan gekap as “professionele anargiste, boewe en betaalde betogers”.

Trump se gepoogde reisverbod op mense uit sewe Moslemlande was veral omstrede en daar is kommer dat sy retoriek oor immigrante, Moslems en terrorisme haatmisdade oor die hele Amerika heen kan laat toeneem.

Twee Indiese ingenieurs is juis Woensdag in Kansas geskiet deur 'n Amerikaanse man wat rassistiese beledigings geskree het en hulle aangesê het om “uit my land pad te gee”.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!