Beurse vir 12 meisies
Beurse vir 12 meisies

Beurse vir 12 meisies

Francoise Steynberg
Die Namibiese Sokkervereniging (NSV) se sentrum vir meisies het studiebeurse aan 12 studente gegee om 'n jaar lange diploma in restaurantbestuur by die Silver Spoon Hospitality Academy te doen.

Dit nadat hulle 'n drie maande lange inleidingskursus in gasvryheidbestuur gevolg het.

Volgens die Duitse ambassade is die beurse moontlik gemaak deur die NSV se vennootskap met die Duitse Ontwikkelingskoöperasie in samewerking met GIZ, en private Duitse vennote, Futouris e.V., en die TUI Care-stigting.

Die 12 studente het hul akademiese jaar begin met 'n vier dae lange toer na die AfriCat-stigting by Okonjima Lodge om deel te neem aan 'n omgewingsonderrigprogram.

Die toer het op 25 Januarie begin, vergesel van mnr. Christian Schlaga, Duitsland se ambassadeur in Namibië, en mnr. Christian Grün, die hoof van samewerking by die Duitse ambassade.

Die Duitse vennote het die NSV se meisiesentrum beskryf as 'n belangrike veilige hawe vir jong vrouens waar hulle opgelei word en aan verskillende sportaktiwiteite blootgestel word.

"Die opleidingsprogramme help nie net om meisies te bemagtig nie, maar bevorder ook werkverskaffing aan Namibiese vrouens," het Schlaga gesê.

AfriCat Foundation se omgewingsonderrigprogram sal die studente wat met hul studies begin, verryk. Die meisies wat beurse ontvang het, is Melisa Eises, Jorita Cloete, Martina Shipanga, Anna Marie Shikusho, Sadia Garoes, Jenny Mento, Christiana Kohlman, Gwenneth Narises, Raiza Beukes, Rosalia Silvanus, Melissa Matheus en Jeneal Mouton.

In 'n poging om die Namibiese jeug verder te bemagtig, sal die NSV se meisiesentrum, in samewerking met GIZ, verdere opleidingsgeleenthede aan die einde van die jaar verskaf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!