Beurtkrag gaan werkskepping knou
Beurtkrag gaan werkskepping knou

Beurtkrag gaan werkskepping knou

Hanlie Stadler – Die styging in die aantal poste in die formele sektor is dalk net tydelik. Ekonome is diep bekommerd oor die uitwerking wat die laaste paar weke se vlaag beurtkrag kan hê op maatskappye se vermoë om mense in diens te hou of meer werk te skep.

Beurtkrag is een van die faktore wat sakevertroue ondermyn, wat die baie belangrike vastekapitaalvorming – besteding aan nuwe fabrieke en masjinerie – knou wat die ekonomie nodig het, sê Lara Hodes, Investec-ekonoom.

Dr. Michael Ade, hoofekonoom van die federasie vir die staal- en ingenieurswesebedryf (Seifsa), sê met geen onmiddellike einde aan beurtkrag in sig nie, “sal die neiging van swak indiensneming in 2019 voortduur”.

Die kommentaar kom nadat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Dinsdag bekend gemaak het die formele sektor het in 2018 sowat 158 000 poste geskep, 87 000 daarvan in die vierde kwartaal.

Ade sê daar is rede tot groot kommer oor of ondernemings bestaande poste sal kan volhou.

Aan die een kant is verbruikers se vraag na produkte en dienste gedemp. Aan die ander kant styg ondernemings se insetkoste skerp, “wat dit selfs moeiliker maak om poste vol te hou”.

Ade sê hoewel beleidmakers saketoestande probeer verbeter, sloer dit. Intussen word vertrouensvlakke negatief geraak deur onvoorsiene uitgawes wat beurtkrag meebring.

Hodes sê ondanks groei in werkskepping in sekere bedrywe bly die arbeidsmark tam. “Swak groeivooruitsigte, vererger deur die onlangse merkbare styging in beurtkrag, tesame met die klimaat van beleids- en politieke onsekerheid voor die verkiesings weeg swaar op sakevertroue, wat deurslaggewende vaste investering in die ekonomie ondermyn.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!