Beurtkrag kos SA tot R118 mjd. in 2019 - WNNR
Sedert Eskom in 2008 vir die eerste keer beurtkrag ingestel het, het dit die land reeds sowat R338 miljard gekos.
Elvira Wood – Beurtkrag het die Suid-Afrikaanse ekonomie in 2019 waarskynlik tussen R59 miljard en R118 miljard gekos.
Sedert Eskom in 2008 vir die eerste keer beurtkrag ingestel het, het dit die land reeds tot soveel as R338 miljard gekos.
Dit is volgens ’n voorlegging deur die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) oor die stand van kragopwekking in die land. Die voorlegging is deur dr. Jarrad Wright en Joanne Calitz saamgestel.
Die WNNR se data toon daar is ook nie veel hoop dat die probleem binnekort opgelos gaan word nie: In 2001 was Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor sowat 94%, terwyl dit tans net 67% is.
Die energiebeskikbaarheidsfaktor dui op die verhouding van die krag wat Eskom se kragstasies oor ’n sekere tydperk opgewek het teenoor sy totale opwekkingsvermoë indien daar geen uitdiensstelling van opwekkingseenhede weens instandhouding of foute is nie.
Die WNNR sê drastiese stappe is nodig om te verseker dat Suid-Afrika in die toekoms voldoende elektrisiteit sal hê.
Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, het in Desember gesê daar moet dringend 5 000 MW se krag gevind word sodat Eskom noodsaaklike instandhoudingswerk aan sy ou kragstasies kan doen.
André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het vandeesweek aan Business Insider gesê Eskom moet dringend die ruimte gegun word om instandhoudingswerk te doen.
Hoewel pres. Cyril Ramaphosa in Desember gesê het daar gaan gesprekke gevoer word oor hoe en waar bykomende opwekkingsvermoë verkry kan word, is daar nog nie meer inligting hieroor bekend gemaak nie.
Die WNNR se kenners sê hulle beveel aan indien die staat wel op kort termyn bykomende krag bekom om beurtkrag te voorkom, moet die volgende kriteria geld:
· Daar moet na die aanbod, aanvraag en berging gekyk word;
· Dit moet binne een tot twee jaar gelewer kan word;
· Daar moenie ’n uitgebreide verkrygingsproses daarvoor wees nie;
· Dit moet aan die vereistes vir opwekkingsvermoë (MW) en/of energiebehoeftes (MWh) voldoen;
· Daar moet vir een tot drie jaar gekontrakteer word;
· Dit moet maklik wees om in werking te stel;
· Dit moet by die langtermynplanne vir die energiemengsel pas; en
· Dit moenie beduidende uitbreiding van of verandering aan die bestaande netwerk vereis nie.
Die WNNR sê die departement van minerale bronne en energie en die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) moet dringend regulasies bywerk sodat maatskappye toegelaat word om hul eie krag op te wek.
Die regering se program vir onafhanklike groenkragverskaffers (REIPPP) moet ook dringend bespoedig word.
Peter Worthington, senior ekonoom by Absa, het Dinsdag op ’n voorlegging van die bank gesê selfs al moet Eskom oor die volgende twee tot drie jaar gereeld beurtkrag instel, kan dit só gedoen word dat daar ’n beperkte impak op die ekonomie is. Eskom kan byvoorbeeld meer gereeld beurtkrag instel, maar op ’n laer vlak – met ander woorde eerder fase 1 of fase 2 as minder gereelde hoër fases. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie