Beurtkrag, politiekery laat onsekerheid toeneem
Beurtkrag, politiekery laat onsekerheid toeneem

Beurtkrag, politiekery laat onsekerheid toeneem

Faktore wat tot groter onsekerheid gelei het, sluit in die swak syfers uit die mynbou- en vervaardigingsektor, beurtkrag, kwesbare staatsfinansies, misdaad en geweld, politieke faksiegevegte en ’n verwagte afgradering.
Francois Williams – Beleidsonsekerheid in Suid-Afrika het in die vierde kwartaal van 2019 toegeneem, wys die kwartaallikse beleidsonsekerheidsindeks (PUI) van die Noordwes-Universiteit (NWU) se sakeskool.

As die regering beleidsonsekerheid wil pak, het hy die geleentheid tydens die komende staatsrede en begrotingsrede in Februarie, maar groter dringendheid en vasberadenheid is nodig om beleidsvooruitsigte te stabiliseer, sê prof. Raymond Parsons van dié sakeskool.

Faktore wat in die vierde kwartaal tot groter onsekerheid gelei het, sluit in die swak syfers uit die mynbou- en vervaardigingsektor, Eskom se beurtkrag, kwesbare staatsfinansies, misdaad en geweld, politieke faksiegevegte en die kredietgradeerder Moody’s Investors Service se verwagte afgradering vanjaar van die land se beleggingsgradering.

Daar is ook die persepsie dat die nasionale tesourie se groeiplan nie suksesvol in werking gestel sal kan word nie. Sake- en verbruikersvertroue het dus ook op lae vlakke gebly.

Parsons glo die hoë vlakke van beleidsonsekerheid kan omgedraai word. Van die bepalende faktore is grootliks binne Suid-Afrika se beheer as die regte binnelandse beleidskeuses gemaak en dit in werking gestel word.

Parsons meen die aanbevelings in die tesourie se groeiplan behoort dringend toegepas te word, anders sal dit moeilik wees vir Suid-Afrika om uit die strik van lae groei te ontsnap.

Die PUI vir die vierde kwartaal het van 53,1 in die derde kwartaal tot 53,6 gestyg. Die basislyn van die indeks is 50. Hoe meer die indeks bo 50 styg, hoe groter is die beleidsonsekerheid. Die indeks is die netto resultaat van positiewe en negatiewe faktore wat persepsies oor beleidsonsekerheid oor ’n gegewe tydperk beïnvloed.

Die indeks word saamgestel uit mediaverwysings na ekonomiese onsekerheid, ’n peiling onder ekonome, en uit ’n peiling onder vervaardigers deur die Universiteit Stellenbosch se Buro vir Ekonomiese Ondersoek.

Dit is die vyfde jaar dat die NWU se sakeskool die indeks saamstel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!