Beurtkrag stoot palladium tot rekordvlak
Beurtkrag stoot palladium tot rekordvlak

Beurtkrag stoot palladium tot rekordvlak

Die prys van platinum het ook weens dié verwikkelinge gestyg.
Die prys van palladium het Woensdag tot ’n rekordhoogte van US$1 905 per ons gestyg.

Dit volg nadat Suid-Afrikaanse mynmaatskappye bedrywighede weens beurtkrag moes stop.

Suid-Afrika is die wêreld se grootste platinum- en tweede grootste palladiumprodusent.

“’n Beperkte aanbod van palladium, wat nog meer ingeperk kan word weens produksieprobleme in Suid-Afrika, kan die prys selfs verder steun,” sê Ole Hansen, hoof van hulpbronstrategie by Saxo-bank.

Die belangrikste gebruik van palladium, saam met rodium en platinum, is in drierigting- katalitiese omsetters in motoruitlaatstelsels.

Hansen voorspel die prys van palladium kan vir eers “op US$1 900 per ons stilstaan, gegee tegniese weerstand”. Hy waarsku egter dat die prys in die toekoms wel hoër as dié vlak kan styg.

’n Woordvoerder vir Sibanye-Stillwater het gesê bedrywighede is Dinsdag hervat nadat kragtoevoer na myne herstel is.

Impala Platinum het dieselfde gedoen.

Die myne, wat Maandag aangekondig het dat hulle oornag bedrywighede moes staak toe fase 6-beurtkrag landwyd ingestel is, het gesê dit is té gevaarlik om mynwerkers ondergronds te stuur as daar nie sekerheid is oor kragtoevoer nie.

Die prys van palladium het in ’n stadium tot US$1 905 per ons gestyg waarna dit op US$1 898 per ons gesluit het.

Die prys van platinum, het net soos dié van palladium, ook weens dié verwikkelinge gestyg.

Die platinumprys het Dinsdag met 3% tot US$921,90 per ons gestyg.

“Daar is ’n baie groot aanvraag na palladium en die kleinste verwikkeling kan ’n groot invloed op pryse hê,” sê Phil Streible, senior markstrateeg by RJO Futures.

Citigroup voorspel dat die prys van palladium teen die middel van 2020 tot so hoog as US$2 500 per ons kan styg weens die tekort. – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!