BeuTista soek kampioen van kampioene
Perdewedrenne
Tielman van Lill
Op Saterdag 16 Desember is dit weer tyd vir opwinding met dawerende hoewe by die Rehoboth Turfklub en Resiesbaan buite dié dorp waar die room van Namibië se resiesperde vir die jaarlikse Kampioene van Kampioene-kroon gaan meeding.
Nie net gaan ongeveer 45 plaaslike snelrosse vir aksie sorg nie, maar inskrywings van oorkant die Oranjerivier uit Suid-Afrika gaan beslis ‘n internasionale geur aan die byeenkoms verskaf. Surruptitious van die Christians-, Freygang- en Diergaardt-stalle het onlangs ‘n hoofren oor 2 200 meter ingepalm en gaan die kompetisie as gunsteling aandurf.
In die hoofren, wat laaste aangebied word, sal Back to Bowler (Junius-renne), Baroosa Valley (Kobos-renne), Youtouchmyheart (Kariko-renne, deur John Wellmann afgerig) en Surruptitious oor 2 200 m vir die titel teen ander deelnemers meeding.
Inskrywings
Inskrywings wat reeds van agt stalle ontvang en die gunsteling in hul onderskeie afdelings is: Dashing Brave van G. Mouton en Juddernaut van BeuTista-renne (beide debuut). Thelma van Junius Racing, Pin Pot van Alberts-renne, Flying Gitano van Kobos-renne en Double D van die Ferris-stalle (almal graduasie).
D-divisie: Boogie Boy (Arkell), Warm Peg (De Waal), Not On My Watch en Diamond Tiarra (beide G. Mouton), Black Market (Kariko-renne), Pap Kan (Grant Diergaardt) en Prince de Lago (Angermund-renne).
A-divisie: Rosegold (Elroy van Wyk), Kings Kitten (Christians/Freygang/Diergaardt), Back to Bowler (Junius-renne), Barossa Valley (Kobos-renne), Youtouchmyheart (Kariko-stalle) en die groot gunsteling Surruptious.
Kaartjies vir die dag se opwindende renne kos N$10 vir kinders en N$20 vir volwassenes. Hekke open reeds om agtuur Saterdag. Verversings sal gedurende die dag te koop wees.
Die byeenkoms word onderhewig aan die reëls van die Namibiese Perdewedrenvereniging (NHRA) aangebied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie