Bevestig: Bokke pak All Blacks in Townsville
Rugby
Die Australiese staat Queensland is Dinsdag bevestig as die nuwe gasheer vir die Rugbykampioenskap.
Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland sal van 12 September tot 2 Oktober sake uitspook voor volgepakte stadions in Brisbane, die Goudkus en Townsville.
Sanzaar, die rugbybase in die Suidelike Halfrond, het beplan dat wedstryde van September in verskeie stede in Australië en Nieu-Seeland gespeel word, maar koronavirusgevalle in albei lande het nuwe reëlings genoodsaak.
Sanzaar sal in die volgende paar dae besluit oor ’n datum vir die derde Bledisloebekertoets tussen die Wallabies en All Blacks, wat komende Saterdag in Perth gespeel sou word. Die beheerliggaam het egter bevestig die toets, wat ook tel as ’n Rugbykampioenskap-kragmeting, sal wel in Perth plaasvind.
Die 100ste toets tussen die Bokke en die All Blacks sal op 25 September in die Queensland Country Bank-stadion in Townsville beslis word.
“Ons het gedink verlede jaar was taai ... maar die chaos wat die Delta-variant van Covid-19 veroorsaak, het regerings genoop om selfs strenger reis- en grensbeperkings toe te pas,” sê Brendan Morris, uitvoerende hoof van Sanzaar.
“Dit is verstaanbaar en ons het dus geen ander uitweg gehad as om die Rugbykampioenskap na Queensland te skuif nie.”
Die spanne sal waarskynlik vir 14 dae in kwarantyn in Sanctuary Cove aan die Goudkus moet wees.
• Bepalings vir die oorblywende toetse:
Derde ronde, 12 September:
- Nieu-Seeland tn Argentinië by Cbus Super-stadion, Goudkus
- Suid-Afrika tn Australië by Cbus Super-stadion, Goudkus
Vierde ronde, 18 September:
- Argentinië tn Nieu-Seeland by Suncorp-stadion, Brisbane
- Australië tn Suid-Afrika by Suncorp-stadion, Brisbane
Vyfde ronde, 25 September:
- Australië tn Argentinië by Queensland Country Bank-stadion, Townsville
- Nieu-Seeland tn Suid-Afrika by Queensland Country Bank-stadion, Townsville
Sesde ronde, 2 Oktober:
- Argentinië tn Australië v Australia by Cbus Super-stadion, Goudkus
- Suid-Afrika tn Nieu-Seeland by Cbus Super-stadion, Goudkus
– Netwerk24
FOTO’s Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie