Unam het bevestigde geval van Covid-19
Jeanette Diergaardt – ’n Personeellid van die Universiteit van Namibië het op 22 Julie positief vir Covid-19 getoets.
Die verklaring aan personeellede en studente is vandag deur die visekanselier, mnr. Kenneth Matengu, uitgereik.
Die personeellid was op 14 Julie laas op die hoofkampus in Windhoek, maar verskeie voorsorgmaatreëls was vooraf reeds getref.
’n Vlak 2 krisis is by die universiteit aangekondig. Die blok waar die personeellid werk, sal ontsmet word. Kollegas wat met die positiewe geval in aanraking gekom het, sal van vandag af vir sewe dae in kwarantyn wees.
KWARANTYN
Altesame 39 studente van die fakulteit gesondheid is in kwarantyn geplaas vanweë moontlike blootstelling aan die virus terwyl hulle in gesondheidsinstellings gewerk het.
Die studente het vanaf 1 Julie by gesondheidsinstellings in Windhoek gewerk as deel van hul praktiese opleiding en het hierdeur met positiewe Covid-19-gevalle in kontak gekom.
Gedurende die inperkingsfase was die mediese studente deurentyd op bystand ingeval die gesondheidsministerie ekstra hulp nodig gehad het.
Drie personeellede van die verpleegskool is tans ook in kwarantyn nadat hulle in kontak was met studente wat by gesondheidsinstellings in die land gewerk het.
Een personeellid van die hoofkampus is geïdentifiseer wat in kontak met die Covid-19-geval gekom het en is tans in kwarantyn.
Unam se woordvoerder, mnr. John Haufiku, sê die positiewe geval sal nie inmeng met die universiteit se opening wat vir 3 Augustus geskeduleer is nie.
In vroeër kommunikasie het die universiteit laat weet net 50% van die studente sal terugkeer universiteit toe, maar ná dese sal die syfer verder verminder word. Laasgenoemde reëling is reeds voor die bevestigde geval bespreek.
Studente wat praktiese werk moet doen om die semester te slaag, sal terug op universiteit toegelaat word. Verder sal aanlyn klasse voortgaan.
Haufiku maan alle studente om nie angstig te raak nie, maar om kalm te bly en vir verdere inligting vandeesweek te wag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie