‘Bevolking groei al jare lank sneller as ekonomie’
Riana de Lange - As Suid-Afrika se ekonomie die afgelope twee jaar selfs net teen die wêreldgemiddeld van 2% of 2,5% gegroei het, sou die land se bruto binnelandse produk (BBP) vandag R200 miljard groter gewees het.
Want elke een persent se groei wat ons verbeur, verteenwoordig verlore ekonomiese aktiwiteit van R42 miljard, sê Russell Lamberti, ’n ekonoom van ETM Analytics.
Die BBP – die geldwaarde van alle finale goedere en dienste wat binne ’n spesifieke tydperk in die ekonomie geproduseer word – is sowat R4 200 miljard.
Ekonome is die afgelope week onkant betrap deur ’n inkrimping op ’n kwartaalgrondslag van 0,7% in kwartaal een, ná ’n inkrimping van 0,3% in kwartaal vier. Die mediaangroeikoers wat voorspel is deur 19 ekonome in ’n Bloomberg-peiling was 1%. Suid-Afrika is dus nou in ’n tegniese resessie.
Die swaks vertonende sektore was die handelsektor (insluitend klein-, groot- en motorhandel, spyseniering en verblyf) wat met 5,9% ingekrimp het, vervaardiging (-3,7%) en vervoer (-1,6%).
Ligpunte was mynbou (+12,8%) en landbou (+22,2%).
Hoewel ekonomiese groei van tussen 1% en 2% vir 2017 begin vanjaar nog wyd voorspel is (teenoor 2016 se skamele 0,3%), is dit intussen aangepas tot tussen 0,6% en 0,8%. Die Reserwebank het sy vooruitsig in Mei van 1,2% tot 1% vir 2017 aangepas. Die Wêreldbank se jongste vooruitskattings vir Afrika suid van die Sahara is 2,6%, maar vir Suid-Afrika net 0,6%.
Maarten Ackerman, hoofekonoom van Citadel, meen Suid-Afrika is reeds ’n paar jaar lank in ’n resessie. Die land se groei het sedert 2011 skerp geval vergeleke met sy eweknieë s’n. Die bevolking groei egter al jare sneller as die ekonomie. “Vir my klink dit na ’n resessie,” sê Ackerman.
Christie Viljoen, senior ekonoom by KPMG, sê die ekonomie was wel in die eerste kwartaal steeds 1% groter vergeleke met die eerste kwartaal van 2016 – maar dit het deels verband gehou met die Nene-krisis einde 2015.
Standard Bank se aankopebestuurdersindeks (PMI) was in April en Mei bo die neutrale vlak van 50 punte wat op effens beter toestande kan dui, sê Viljoen.
Lamberti sê dit maak nie juis saak of ons teen 0,5% of 1% groei of geen groei het nie. “Dit is alles swak, lei nie tot werkskepping nie en maak min verskil aan die breë ekonomie. Die basiese storie is stagnasie en hoewel ’n verbetering in die volgende paar kwartale verwag word, glo ek nie dit sal lank hou nie.”
Kamilla Kaplan van Investec sê die positiewe momentum in die wêreldekonomie en hoër kommoditeitspryse behoort te help. Maar “voortgesette swak sake- en verbruikersvertroue” sal steeds manifesteer in “lae vlakke van vaste investering deur die private sektor, en swak huishoudelike besteding”.
Lamberti is bekommerd oor die langdurige strukturele afswaai in die vervaardigingsektor. Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) was produksie in sewe van die tien afdelings laer. Dit was die derde agtereenvolgende kwartaallikse inkrimping. Veral petroleum- en chemiese produkte (meer as 20% van die vervaardigingsektor) sukkel al maande lank.
Volgens Lamberti is vervaardigers weens plaaslike vraag, politieke onsekerheid en arbeidsprobleme onwillig om te belê. Hulle kyk eerder na buitelandse uitbreidings.
Jason Muscat, ’n senior ekonomiese ontleder van FNB, sê die slegte BBP-syfers weerspieël nog nie eens die vertroueskok van pres. Jacob Zuma se kabinetskommeling einde Maart nie.
Johann Els, senior ekonoom van die Old Mutual Investment Group, sê die tegniese resessie wys die Reserwebank is te traag met rentekoersverlagings.
Hy en sy span het begin vanjaar een rentekoersverlaging gedurende die jaar verwag, maar meen daar is ruimte vir twee verlagings.
“Die Reserwebank het nog nie rentekoerse gesny nie weens die risiko van die onlangse kredietafgraderings vir die rand, maar nou bied swak verbruikersbesteding, binne die konteks van ’n tegniese resessie, die rasionaal vir rentekoersverlagings gouer eerder as later.” –Netwerk24
KASSIE
Graan en vrugte
Beter graan- en vrugteproduksie was een van die redes vir die eerste toename in landbouproduksie sedert die vierde kwartaal in 2014.
Hamlet Hlomendlini, hoofekonoom van Agri SA, sê die BBP-syfer weerspieël boonop net die produksie wat reeds bereken is en sluit nog nie verwagte produksie of uitsette vir die seisoen in nie.
’n Rekordmielieoes van meer as 15 miljoen ton (sowat 7 miljoen ton verlede jaar), kan groeivooruitsigte aanhelp.
Hlomendlini benadruk dat die vrugtebedryf – veral die lewering van appels, pere en sekere sitrusvariëteite – nie so erg deur die droogte geraak is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie