Bevordering van organiese landbou
Organiese voedselproduksie word al meer as 'n strategiese manier beskou om uitdagings soos landelike armoede en wanvoeding die hoof te bied.
Elvira Hattingh
Tans word daar op die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC)-vlak hande gevat om organiese boerdery in die streek 'n hupstoot te gee, met die Namibië Organiese Vereniging (NOA) asook die Namibië Natuurstigting (NNF) wat plaaslik leiding hiermee sal neem.
Organiese voedselproduksie word toenemend deur internasionale organisasies soos die Verenigde Nasies (VN) as 'n strategiese manier beskou om uitdagings soos landelike armoede en wanvoeding, verliese aan biodiversiteit en klimaatsverandering die hoof te bied.
“Organiese landbou is egter kennis-intensief en om dit toe te pas, vereis 'n in-diepte begrip van die vrugbaarheid van grond, mikro-organismes, plante en vee,” sê me. Mareike Voigts, 'n plaaslike organiese boer.
Voigts is die Namibiese projekbestuurder van die inisiatief – 'n program gelei deur die Knowledge Hub for Organic Agriculture in Southern Africa (KH SA).
Die program sal Namibiese boere help met die insameling en deel van inligting oor organiese boerdery.
Sy sê die gebruik van organiese praktyke in Namibië se landbousektor sal help om die land beter bestand teen klimaatsverandering te maak, terwyl dit landbougrond kan verbeter, help dat minder water gebruik word en dat kosse van hoë voedingswaarde geproduseer word.
KH SA word deur die Duitse federale ministerie van ekonomiese samewerking en ontwikkeling (BMZ) gefinansier en deur die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) tot uitvoering gebring. Dit is een van vyf ander middelpunte vir organiese landbou in Noord-, Wes-, Oos- en sentrale dele van Afrika wat onder die Knowledge Centre for Organic Agriculture in Africa-program val. KH SA is werksaam in Zambië, Namibië en Suid-Afrika en hoop om nog vanjaar ook na Malawi uit te brei.
Die NOA asook die NNF sal die projek in Namibië lei. Die plan is om die aantal plaaslike organiese produsente asook die volume organiese kos wat in die land gekweek word, te verhoog. Die projek sal gerugsteun word deur die ontwikkeling van 'n aanlyn platform wat inligting en kennis oor organiese boerdery in Afrika versprei.
“Organiese landbou, in die Namibiese konteks, verwys na 'n inklusiewe benadering van beide gesertifiseerde en niegesertifiseerde organiese landbouproduksiestelsels. Dit sluit in bewaringsboerdery, asook regeneratiewe, biodinamiese, biologiese en ekologiese boerderye; permakultuur-, landbou-en bosbou-stelsels asook klimaatslim produksiestelsels,” het NOA se voorsitter, mnr. Eckhart Foertsch, gesê.
Hierdie samewerkingsvennootskap is belangrik vir langtermyn volhoubare sosioëkonomiese ontwikkeling in Namibië, wat tot 'n groot mate afhang van die gebruik van volhoubare organiese landboupraktyke – veral in die lig van klimaatsverandering.
Die NOA en NNF sê hulle is in staat om 'n beduidende bydrae tot sodanige ontwikkeling te lewer deur vennootskappe in onderwys, opleiding, navorsing en voorligtingsaktiwiteite.
Die volgende stap is om belangegroepe by die projek betrokke te kry om seker te maak hul voorstelle word tydens die toepassing van die projek in ag geneem. Voigts moedig belangstellendes aan om haar in verband hiermee by 081 722 5378 of [email protected] te kontak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie