Bevrore water betaal vir Wagter
Bevrore water betaal vir Wagter

Bevrore water betaal vir Wagter

Tanja Bause
Tanja Bause



Die kinders van die Tov-liefdadigheidorganisasie vir vigswesies en weerlose kinders op Tsumeb het weer rede om te glimlag.

Die kinders se hond, Charlie, is by die sentrum vergiftig en nou het hulle vir Wagter, danksy die dryfkrag van 'n elfjarige meisie. Volgens eerw. Edward Amadhila, stigter van Tov, het 'n onbekende persoon vir Charlie op 31 Julie tussen 00:00 en 03:00 met kos vergiftig.

“Charlie was 'n jaar lank by ons voordat hy vergiftig is. Hy het vir 'n week op Tov se Evergreen-plaas buite Tsumeb gebly en die hoenders en bokke opgepas en dan het hy 'n week by die sentrum kom bly.

“Diefstal op Tsumeb is 'n groot probleem en Charlie het nie net die sentrum en die kinders opgepas nie, hy was ook hulle vriend. Die kinders was baie hartseer toe hy dood is,” het Amadhila gesê.

Hy het besluit om vir eers nie weer 'n hond te kry nie omdat die verlies vir die kinders, die werkers en vir hom so traumaties was.

'n Naweek gelede het 'n man by die sentrum met 'n vier maande oue pitbull-tefie opgedaag.

“Die kinders het onmiddellik op die hondjie verlief geraak, veral Amanda.

“Die man het egter N$2 500 vir die hond gevra. Ek het vir die kinders verduidelik daar is nie geld nie en ons benodig nou, veral gedurende die eksamentyd, elke sent vir kos. Amanda het met die eienaar en met my om 'n tafel gaan sit om planne te maak om die hond te koop.”



MAAK 'n PLAN

Amanda Anton (11) het toe besluit om water te vries en te verkoop.

“Baie van die mense wat hier by die sentrum verbyloop woon in die Kuvukiland- informele nedersetting en het geen krag en dus ook geen koue water nie. Hulle koop die yswater vir N$1 of N$2. Amanda het intussen al N$1 300 met die yswaterverkope ingesamel.”

Amanda is 'n baie ernstige besigheidsvrou. Sy het 'n boek waarin elke bottel water wat verkoop word se bedrag ingeskryf moet word.

“Sodra sy van die skool af kom, sit ek en sy weer om 'n tafel en wil sy weet waar die geld is en hoeveel is ingeneem terwyl sy by die skool was. Ek moes Maandag N$4 van die geld vat en vir 'n kind gee wat opgedaag het en nie kos gehad het nie. Ek het op daardie oomblik ook nie geld gehad nie en dus van die hondegeld gevat en vir die kind gegee. Ek moes baie mooi aan Amanda verduidelik hoekom N$4 kort en dat dit nie gesteel is nie, maar vir 'n goeie doel gebruik is. Ek het nie 'n keuse gehad nie; ek moes die kind help.”

Hoewel Wagter al by die Tov-sentrum bly, kort Amanda nog N$1 200 totdat die hond afbetaal is en wettig aan die kinders behoort.

“Ek sal net bietjie harder moet werk en meer water verkoop sodat ek my hond kan afbetaal,” het sy gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!