Bewaar-areas verkoop drie ton duiwelsklou
Die inheemse plant het nie net medisinale voordele nie, maar genereer inkomste vir gemeenskappe.
Francoise Steynberg
Ongeveer drie ton duiwelsklou is deur 20 oesters van die Omuramba ua Mbinda-bewaringsgebied in die Omahekestreek teen N$160 000 aan EcoSo Dynamic verkoop.
Die bewaringsgebied het sy eerste amptelike duiwelsklou-markdag by die Okatuma-hek gehou wat in samewerking met die Namibia Nature Foundation (NNF) as projekimplementeerders georganiseer is.
Die oesters het ’n goeie prys van N$53 per kilogram ontvang wat deur die bewaringsgebied as bewaarders van natuurlike hulpbronne ’n formele struktuur beding om sy lede te bevoordeel.
“Die georganiseerde markdag is tot voordeel van die oesters en dit verminder uitbuiting van die arm en weerlose oesters. Die ‘middelman’ en ‘bakkiekopers’ word uitgesny wat lae pryse van minder as N$45 per kilogram vir droë duiwelsklou aanbied,” lui ’n verklaring van die NNF.
“Die oesters spaar ook geld op logistieke koste soos die vervoer van duiwelsklou van so ver as 500 km om ‘n koper te vind te midde van beperkte finansies en geleenthede.”
Die Volhoubare Duiwelsklou-oesprojek (SHDC) in die Omahekestreek word deur die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) deur sy werkskeppingskema as ’n inkomsteprojek befonds, met medebefondsing deur FNB Namibia deur die FirstRand Namibia Foundation.
“Die belangrikheid van die SHDC-model wat in Omaheke geïmplementeer is, is dat die plantbron net gedeeltelik geoes word sodat die plant kan herstel. Dit verseker dat gemeenskappe in die toekoms nog voordeel uit die plant trek en deeglik geoes word,” het die projekleier, mnr. Chris Tjijahura, gesê.
“Deel van ons steun aan die Omuramba ua Mbinda-bewaringsgebied onder die SHDC-projek behels opleiding van die bestuurskomitee om handelsooreenkomste en vaste kontrakte met ’n koper te beding,” het mnr. Nabot Mbeeli, NNF se koördineerder vir Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronnebestuur (CBNRM), gesê.
Die adjunktesourier van die bewaringsgebied, mnr. Jackson Hengari, het bygevoeg hulle sal voortgaan om die SHDC-model te bevorder.
“Ons wil ook hê toekomstige geslagte moet voordeel uit hierdie waardevolle plant trek en verseker alternatiewe inkomste uit die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne is aan lede beskikbaar, veral in tye van nood soos tans met die Covid-19-pandemie.”
Duiwelsklou is ’n inheemse natuurlike produk wat deur die wet beskerm en deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme gekontroleer word.
Die plant is bekend vir sy medisinale voordele om artritis en ander gewrigsiektes te behandel, pyn en koors te verminder en spysvertering te stimuleer.
Duiwelsklou het in die afgelope dekades ‘n belangrike uitvoerproduk na Europese markte geword en die meeste uitvoere gaan na Frankryk en Duitsland.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie