Bewaar die natuur

Die Otto Herrigel Trust spog met 'n kinderboek wat liefde vir die natuur in die kleinspan moet kweek.
JUSTISIA SHIPENA
Irene-mari van der walt



Die Otto Herrigel Trust (OHT) is van plan om die boompie te buig terwyl dit nog jonk is.

Verlede Dinsdag het drie Swakopmund skole elk twee afskrifte van die OHT se kinderboek, Spot die Hond, ontvang.

Die storie handel oor 'n hond, Spot, en sy eienaar, Mattheus, wat graag sokker saam met hul vriende speel.

Mattheus is ontsteld toe Spot skielik siek word, maar het nie die geld om hom veearts toe te neem nie.

Hulle vriende bedink 'n plan om herwinning te gebruik om geld in te samel.

Die verhaal is deur Angela Burrell, die OHT-bestuurder, geskryf en mik om die kleinspan te leer van die gevare van enkelverbruikplastiek en hoe herwinning tot hul voordeel kan werk, en is in Engels, Duits en Afrikaans beskikbaar.

Burrell meen dit is belangrik om jongmense oor onderwerpe soos herwinning en natuurbewaring op te voed. “Kinders is die toekoms,” sê sy.

Lenga Abraham, die waarnemende skoolhoof by Namib Primêre Skool, is van mening dat die boek op graad 1 tot 3 leesvlak is, maar dat die ouer kinders by die skool welkom is om die boek te lees.

Tot dusver het Namib Primêre Skool, Pro-Ed Akademie en Privaatskool Swakopmund afskrifte ontvang, maar Burrell bly vasbeslote die trust wil graag vir elke laerskool op Swakopmund hul eie kopieë gee.

Ingalore van Staden, die departementshoof van graad 1 tot 3 by Pro-Ed Akademie, vertel dat natuurbewaring 'n belangrike onderwerp is.

“Dit is uiters belangrik dat ons dit vir die nageslag moet oppas,” sê sy.

Met boeke as medium vir dié boodskap is Van Staden baie tevrede.

“Lees is vir my ontsettend belangrik, ten spyte van hoe visueel die wêreld tans is.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!