Bewaar die woestyn se beeskloutjies
Richard Fryer
Aus is enige natuurliefhebber se droom, veral vir diegene wat in die woestyn se flora geïnteresseerd is.
Deel van dié flora is lithops oftewel beeskloutjies of bababoudjies. Iemand met ’n passie vir veral die bewaring van lithops, is die eienaar van die Bahnhof-hotel op die dorp, mnr. Bernd Roemer.
“Dit is my langtermynvisie om dié pragtige vetplante aan mense bekend te stel, te bewaar, te beskerm en die sensitiwiteit daarvan aan mense te verduidelik,” sê Bernd.
Lithops kom van die Oranjerivier tot in die Kunenestreek voor, maar die meeste word in die suide van die land gevind.
Volgens Bernd is beeskloutjies baie gesog onder buitelanders, veral die Japannese en Duitsers.
Dié plantjies se kleur wissel van groen en grys tot bruinerig. Daar is ook ’n skaars spesie met ’n rooierige skynsel wat in die Lüderitz-omgewing voorkom.
Omdat die plante soos die klippe in hul natuurlike omgewing lyk, kan ’n mens vir ure in die veld loop en selfs op hulle trap, sonder om die plantjies raak te sien. Volgens Bernd wil hy dit veral onder 4x4-entoesiaste en motorfietsryers se aandag bring om versigtig in lithops se habitatte te bestuur om sodoende nie die plante te beskadig nie.
“As mense die plante wil kom kyk, is hulle welkom om my te kontak sodat ek dit vir hulle kan gaan wys, sonder om die plante te versteur.”
Veral in die somermaande verander die plante in ’n lus vir die oog wanneer dit begin blom. Elke plant is dan oortrek met wit of geel blomme wat soos vygies lyk. Die blommetjies, wat tussen twee koppe (eintlik blare) groei, hou normaalweg vir ’n week. Beeskloutjies kom in droë dele voor omdat dit min water en baie sonlig nodig het.
’n Nuwe plantjie vorm aanvanklik een kop, maar verdeel mettertyd om nog te vorm. Die aantal koppe verskil ook van spesie tot spesie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie