Bewaar nuwe infrastruktuur
Dani Booysen - Voortgesette, groot beleggings in nuwe toerisme-infrastruktuur en die opknapping van bestaande bates is belangrik om verdienste uit hierdie sleutelbedryf te bevorder.
Duitsland se belegging van N$80 miljoen in die Khaudum Nasionale Park is nog 'n mylpaal in hierdie proses. Dit volg op soortgelyke ontwikkelings in die Bwabwata, Mudumu en Nkasa Rupara Nasionale Parke. Goeie nuus vir almal is dat soortgelyke werk in die Tsau //Khaub Nasionale Park (Sperrgebiet) en kusparke gaan volg.
Buiten vir puik diens is moderne, aantreklike geriewe 'n belangrike dryfveer vir groei.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het tydens die inwyding van twee nuwe parkstasies met reg benadruk dat infrastruktuur goed bewaar en onderhou moet word. Dit is nie net die werk van beplanners, bestuurders, toesighouers en werknemers nie, maar van gemeenskappe en alle besoekers.
Dit is 'n ongelukkige feit dat talle toerismebates die afgelope dekades verwaarloos het. Sonder onderhoud is groter besteding later nodig vir herstel en vernuwing.
Die Duitse regering sal beslis die omvang van sy jarelange beleggings in Namibië deel van sy argument oor reparasies maak. Natuurlik moet 'n mens egter besef dat hierdie gesprek ook unieke historiese feite moet aanspreek eerder as oorkoepelende ontwikkeling.
Vir beleggings soos hierdie moet daar egter dankbaarheid en respek wees. Beide vind uitdrukking in die bewaring en koestering daarvan.
So sê ander
Spain's ham-handed attempts are feeding a political crisis
As if Europe weren't struggling with enough problems Spain now finds itself mired in its worst political crisis since the death of dictator Gen. Francisco Franco and the creation of a democratic Spanish state in 1978.
Efforts by the national government to criminalize peaceful behavior and imprison those pursuing a nonviolent political dream will exacerbate the crisis at a time when passions and rhetoric need to settle down.
If the central government wants Catalans to vote in a new pro-unity slate, it should stop ham-handed attempts at intimidation.
It is in the interests of greater peace that this confrontation be resolved through negotiation, not force, and that the decisions be based on the realities of modern Spain and Europe, not a romanticized notion of national identity.
• LOS ANGELES TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie